Lock-Down – Week 1

Hierdie week was ‘n warboel van gemengde gevoelens vir my, ek het die 7 stappe voltooi: Skok, Ongeloof, woede, vrees, hartseer, aanvaarding en laaste vrede. Na President Ramaphosa se aankondiging oor die gevreesde lockdown, was ek darem fisies al gereed omdat ons gesorg het ons is voor die rush voorbereid. Maar emosioneel dink ek nie was ek reg nie. Want ewe skielik word jou vryheid ingeperk. Daar word vir jou gesê wat jy mag en nie mag doen nie. Maar wat is die prys van hierdie vryheid, dis ‘n moontlike doodstraf.

Ek het my laaste drafsessie ingepas donderdag oggend alleen en ver van ander mense af, en gehardloop soos iemand wat dit nooit weer mag doen nie. Ek het verby die winkels gery oppad huistoe en gesien hoe die res van ons area se mense in rye staan om kos te koop, en besef dat die mensdom banger is vir hongersnood as ‘n virus. Nadat daar oor en oor vir mense gesê is winkels sal oop wees.

Wat is jou prys van vryheid. Op sosiale media het dit die dag van Lock-down gegons van aktiwiteit, fotos en videos gewys van hoe mense net heeltemal rebeleer teen die president se wense. Net daar en dan het ek besluit dat in die natuur was die reel nog altyd, the survival of the fittest. As jy nie slim of sterk was nie het jy uitgesterf of agter gebly en die res van jou mense het getrek en jou gelos vir die wilde diere, siektes en peste. So het die natuur die sterkste en beste laat vooruitgaan. Maar wat het jare later gebeur, die slimstes en die sterkstes het die res van mensdom saam met hulle begin sleep, en dit het ons al baie laat berou.

Hierdie situasie waarin ons is, is nie ‘n video speletjie, film of droom nie, dis die werklikheid, ons kan dit nie weg hoop en maak asof dit nie bestaan nie. Ons moet nou baklei, baklei soos ons moes gedoen het in die dae van oorloë. Ons moet ophou selfsugtig wees, ons moet ophou gierig wees, en onsself verlustig en gedra soos konings. Ek is bitter teleurgesteld in die mensdom (want mensdom = mense is dom) op die oomblik en het maar min hoop vir Suid-Afrika se toekoms, nie omdat ek ‘n doemprofeet is nie, maar omdat ek ‘n realis is.

Ek gaan nou ophou mense soebat om tuis te bly, want as jy nie besef het dat dit vir jou eie beswil is nie, dan is jy van die wat gaan agterbly.

One thought on “Lock-Down – Week 1

Leave a comment