Stamboom

My ma is op ‘n missie om uit te sorteer, weg te pak, uit te gooi en nuut te maak. Sy pos elke dag op ons familie sosiale media groepies fotos van ons voorgeslagte, pragtige fotos. Wat mens met heimwee vul en jy weet nie eintlik hoekom nie. Laat verlang na ‘n tyd wat jy nie kan onthou nie. Lus maak vir stories skryf en … Continue reading Stamboom

Op ‘n ander dag

Kop en skouer, vlinder vlerk. Botter geel met watte wit. Uitgekring en weg gevlieg. Skaduwees van ouderdom. Soet wees drome, lekkerkry. So gaan dit alles stadig verby. Soos heuning vir die hommelby. Verdwaalde sonstrale op die mat, dansend met die wind. Helder en dof – dof en helder die rasende klanke van die nag. Deur helder gekleurde glas, die tralies. Vrede en vryheid toegesluit. Geen … Continue reading Op ‘n ander dag

Ontbloot

Wat is die sin van dit alles, om jou siel te ontbloot op papier. Niemand verstaan jou denke, voel jou emosies. Dis net jy, Jy alleen, wat staar na die verblindende papier. Jou trane vlek die ink. Maak smerige strepe. In jou kop die malende malheid wat net jy verstaan. Sou hulle jou werklik kon beloon. Vryheid van spraak, maar moet net nie praat, skryf, … Continue reading Ontbloot