‘n Generasie gaping

Tags

, , ,

Elke generasie het sy goeie en slegte eienskappe. Ek ontvang so baie hierdie boodskap dat ons generasie is die beste WANT ……… ons kon buite speel en ons kon kinders wees en ons kon in motors ry sonder sitplek gordels en in die strate speel tot laat ens ens ens. Ja dit was fantasties en ja dit was ‘n goeie lewe, maar heeltemal onvanpas vir vandag se kinders. Ons kinders het ander dinge wat net so amazing is, ons het nie die tipe tegnologie gehad wat hulle het nie, ek staan verstom soms om te sien wat die kinders kan doen, hulle kan hulle eie rekenaarspeletjies ontwerp en kodes skryf, hulle maak programme en kry duisende miljoene  mense om daarna te kyk en hulle produkte te koop, daar is kinders wat al baie meer geld gemaak het as van die rykste volwassenes wat ek ken deur tegnologie, goed wat ver bo my vuurmaakplek is. Wanneer ‘n mens so baie lees soos ek besef jy dat elke generasie maar sy vrot gehad het, die tipe goed wat niemand oor wil praat nie soos  ‘n sekere generasie het medisyne en koeldranke gedrink wat vol opium was, vra hoeveel mense het maag en derm kwale a.g.v die tipe goed wat hulle voor 1 jaar oud moes geeet het, kinders was grootgemaak heeltemal anders as ons kinders want dit was normaal. Hoeveel ma’s het gedrink en gerook in swangerskap, want dit was eers in die vroee 70’s bewys dat dit sleg is vir die fetus om te rook gedurende swangerskap, en hoeveel mense het grootgeword waar daar gerook was in die motor, in die huis, winkels, eetplekke, vliegtuie, noem dit. Ek is seker meeste mense sal julle vertel hoe swak hulle longe a.g.v daarvan is. Die feit dat kinders eerder gesien as gehoor mag geword het, het ‘n generasie van onseker volwassenes veroorsaak, wat nie weet of hulle moet praat of stilbly nie.

Ons kinders moet kinders wees in ‘n wereld vol sekspeste, waar kinder pornografie seevier. Ons het nie daardie tipe goed geken nie. Ons was nie bang vir die mense op die pad wat nie kon bestuur nie, want almal se lisensies was reg, elke kar was deur die toets gesit en elke bestuurder was verantwoordelik en almal het die padreëls geken, kan ons dieselfde ding vandag sê? Ons kinders kan nie fietry of selfs loop in die straat nie want daar is te veel roekelose bestuurders, ontvoerders en skurke wat hulle wil leed aandoen. Ja elke generasie het sy goeie eienskappe gehad en vir ons was dit die beste want ons het goeie herrineringe daarvan. Maar kom ons gun hierdie generasie ook die beste, kom ons hou op om hulle af te kraak en probeer hulle eerder opbou en die beste lewe gee wat moontlik is met ons huidige omstandighede. Dis nie die generasie se skuld dat hulle nie die dinge kan doen wat ons kon doen nie, dis die vorige generasie sin. So kan ons blaam sit op elke generasie agtertoe. Kom ons groei weer saam met hierdie generasie jongmense en leer wat dit is wat hulle moet weet. Kom ons hou op om die pendilum alewig te ver heen en weer te swaai en vind die ritmiese harmonie van die middel. Kom ons hou op blaam rondskuif en vingers wys en dink ons was/is beter en help om vir ons kinders ‘n goeie gelukkige toekoms te kan skep, vandag, nou ………… terwyl ons nog ‘n kans het.

 

 

Advertisements

Image

Kombuistaal

Tags

, , ,

Net ‘n mondjievol was my ouma se gunsteling sêding. Ek soek net ‘n mondjievol asb. Dit laat my terug dink aan warm wintersdae in my ouma se kombuis, waar sy beslis nie net vir ons ‘n mondjievol kos gemaak het nie, maar massas. Geen wonder Afrikaans staan bekend as die kombuistaal nie, want dis tog maar waar ons die lekkerste kon kuier. Om die tafel. Om die tafel is daar planne gemaak, gedroom, geeet en gehoop. Daar was familietyd, lagtyd en geselstyd en soms was dit ook maar bakleityd, soos dit elke hegte familie behaag. So is die lekker van herrineringe, dis daai lekker warm gevoel onder jou hart wat jou laat terug verlang na ouma en oupa en hulle menswees. Na die sweetwarm dae op die plaas waar jou voete gebrand het op die rooiwarmstofpad, waar jy sommer so begin dans het net om jou voete nie op een plek te lank te laat staan nie. Waar jou voete later kliphard en vuil geword het, maar jou hart oorgeloop het van die wonder en speel. Tot jy later doodmoeg na badtyd in droomland gaan speel het.

Daar is altyd sulke stukkies van my verlede wat kom kuier so nou en dan, soos die middae onder die groot akkerboom terwyl ek vir my ma gewag het na klavierles, ek onthou die vrede, die stilte van die pastorie tuin, die gevoel van absolute vryheid. Terwyl die sproeier die gras ritmies natgespuit het. Die gevoel dat ek myself weer verryk het om nog ‘n les agter my te kon sit.

Middae na skool in graad een toe ons saam met my niggies kon speel. Ons gesmul het aan sout en asyn skyfies broodjies, en daai sappies wat gelyk het soos vrugte maar jou keel laat toetrek het van al die perserveermiddels. Die dae van kindwees. Van eenvoud. Sorgloos.

Kombuistaal is daai broodjie met botter en konfyt na ete, dis kaiings en pap en melkkos. Koeksusters en soetkoekies met koffie. Dis die lekkerste lekker van onthou.

Dis die gesels en lag van vriendskap, hegte egte vriendskap, wat jou laat voel jy is tuis, dat jy mag skoene uitskop en net jouself wees, kan lag en huil en met ‘n oorvol hart wegstap. Dis kombuistaal.

 

Continue reading

FOMO

Tags

Om sosiaal aanvaar te word is essensieel, of jy 2 jaar oud of 80 jaar oud is. Alles in ons lewe is sosiaal. Jou status hang af van waar jy bly, jou motor, jou vriende en hoe slim, oulik en mooi jou kinders is. Maak nie saak in watter omstandigheid jy jouself bevind nie, daar is altyd ‘n status geheg aan jou.

Daar is tot deesdae ‘n skoolvak sosiologie, net om ons te leer hoe om aan te pas by ons sosiale kultuur en leefstyl. Ons hoor so baie van mense wat verwys na hulle self as Anti-sosiaal. Maar tog behoort almal aan ‘n tipe van sosiale orde, hetsy deur die werk, skool, woonbuurt, familie en vriende. Elkeen het sy plekkie waar hy hoort of dink hy hoort.

En dis hoekom die woord FOMO ontstaan het “FEAR OF MISSING OUT”, dit beskryf meeste sosiale situasies, die vrees dat jy dalk iets gaan mis. Ek dink dis hoekom sommige mense ontdekingsreisigers kan word want hulle het hierdie brandende begeerte binne-in hulle om nuwe plekke te verken, en nie uit te mis op iets wat nog nie bekend is nie. Daar is altyd ‘n handjie vol mense wat anders is, wat sukkel om by die massa te pas. Wat wil ontdek en ondersoek en ondervra, wat nie die populere opinie het nie, maar wat soms die regte ene het. Soos die mense wat die ruimte verken. Dis vir hulle so belangrik om nuwe dinge te ontdek dat hulle nie eers omgee om ooit weer terug te keer na die aarde toe nie. Dis dedication, dis groot, en dis nodig, want sonder sulke mense sal ons nooit weet wat daar buite is nie.

Sosiaal vermy ons die groot onderwerpe want sê nou net die mense judge my, net omdat ek anders is, net omdat ek ‘n opinie het wat anders is. Ons wil uitstaan en raak gesien word, maar is te bang daarvoor. Jy is geregtig om ook ‘n opinie te hê, jy is geregtig om te kan praat oor die groot goed, om te dink oor die groot goed, om tê sê jy voel anders. Dis ok, dis goed. Want dit beteken ons begin evolve en dink en verander, want ons kan nie meer dieselfde mense wees as wat ons 100 jaar terug was nie.

Ons kinders moet nuuskierig wees en bevraagteken want dis hoe ons vooruitgaan. Ons moet dink, en lees en ondersoek en nie meer selfsugtig lewe en bang wees vir wat ongemaklik is nie. Ons het nie nodig om bang te wees vir ons emosies nie, hoe is ons dan anders aanmekaar gesit, ons is emosies en ‘n liggaam, en ons hoef nie ander mense te forseer om te dink soos ons nie, al staan jy alleen, jy staan vir dit waarin jy glo. Maar in dieselfde opsig moet ons ook weet wanneer om te luister, en wanneer ek verkeerd is, informasie is mag. Gebruik dit tot jou voordeel.

“Education is the most powerful weapon which you can use to change the world.” -Nelson Mandela

Wolf wolf hoe skerp is jou tande?

Tags

,

Was jy al ooit so gestress dat jy voel jy wil begin hardloop? Nie eers seker waarheen of hoekom nie, jy het net hierdie oorweldigende gevoel wat vir jou sê jy moet vlug. Jy moet wegkom. Maar jy het nerens om heen te vlug nie, jy wil weghardloop van jouself af. En mens kan nie vlug van jouself af nie. Hierdie jaar was tuff, dit was erger as tuff dit was sommer net torture! Finansieel, emosioneel op elke vlak moontlik. Omdat Suid-Afrika tans in ‘n verknorsing is, verloor baie mense hulle werk, en verlede jaar het dit ons ook oorgekom, my man wat ‘n hoog gekwalifiseerde profesionele persoon is in sy 40’s het verlede jaar ook deurgeloop. Dit was/is devastating. Ons het twee kinders en ‘n huis om te onderhou. Wat nou gemaak. Hoe begin mens weer van vooraf. Sommige dae het dit baie aanloklik gelyk om sandale te gaan maak op ‘n strand iewers. Maar nou ja, die kinders moet skooltoe gaan, sodat ons vir hulle ‘n goeie toekoms kan verseker.

So sit ons in sak en as. Probeer die stukkies van ons vorige lewe vasplak. Sommige dae is makliker as ander. Omdat dit amper onmoontlik is om weer werk te vind as mens van ‘n sekere status is het ons besluit om ons eie besigheid te begin. Maar soos almal wat hulle eie besighede het weet die eerste jaar is tuff, en met geen backup van banke of finansiele instansies is dit soms regtig moeilik. Vir die afgelope jaar het ons baie gestoei, baklei, moed ingepraat, stilgebly en probeer verstaan, want soos enige goeie huwelik betaam is daai sewe sakke sout soms veertien. Maar eet moet jy eet en aanhou tot dit klaar is. Want ons is nie moed opgeers nie. Sommige oggende het ons met rooi oë wakker geword so moeg van die min slaap en planne beraam dat jou kop voel asof dit gevul is met watte balletjies. Dis nou al ‘n jaar later en ons is darem nogsteeds hier, ons leef vir nog ‘n dag. Die son skyn en daar is ‘n goue randjie om hierdie donker wolk, dalk volgende maand sal ons weer kan asemhaal.

Wolf wolf hoe laat is dit?

Krimmeltjie vir krimmeltjie is ek oppad na Hansie en grietjie se huisie
‘n donker voetpaadjie dieper en dieper in die bos
Leë groengrys oë staar niks sienend
Om elke hoek tjank die honger wolf

Kan ek die krimmeltjies weer optel en probeer vasplak om die brood weer heel te kry?
Vorentoe,agtertoe hier nee daar,
Ek hardloop en hardloop,
Tot my asem op is en my kop leeg
Maar nogsteeds lek die wolf aan my hakskene
Sal daar aan die einde ń heks of feeprinses wag.
Mens kan nie weghardloop vir die wolf in jouself nie.
Mens kan nie weghardloop vir die klop van jou hart of die asem in jou longe nie.
Jy kan ń rooi jassie aantrek en maak jy is ok en die wereld is reg.
Maar jy bly die ouma in die bed met die leë oë en skerp tande.

Mag almal wat deur dieselfde as ons gaan weet dat julle is nie alleen nie, ons verstaan. Hou moed.
IMG_9780

Ek het familie oorsee

Tags

Eens op ‘n tyd het ontdekingsreisigers op hulle skepe geklim en die hele wêreld verken. Hulle het moed bymekaar geskraap en gehoop dat in die tog om hulle plek te vind hulle nie van die aarde sal afval nie, of deur die groot seemonster opgevreet word nie. So het ons voorvaders hul tuistes gevind, en ons beland waar ons gebore word.

Mens word deel van jou land en sy mense, hulle is in jou bloed, jou kultuur is in jou. Daarom is dit vir ons so moeilik om weer wortels op te tel en iewers anders te gaan inskiet. Maar deesdae is dit die norm, ons almal het familie en vriende wat oorsee bly. Wat die land van melk en heuning gaan soek het op ‘n ander kontinent. Suid-Afrika is nie vir sussies nie, dis ‘n daaglikse stryd, die reenboog nasie het meer as sy normale probleme. Maar dit is ‘n post vir ‘n ander dag, politiek is ‘n eindelose put waarin ek nie betrokke wil raak nie.

My enigste sus en haar man bly al vir die afgelope 7 jaar in Kanada, ek het al daar gaan kuier dis ‘n ongelooflike plek om jou kinders groot te maak. Maar soos alle immigrante vir jou kan vertel elke land het sy goed en ook sy sleg. In Kanada is een van die groot Challenges die weer. Maar vir jou vryheid is dit ‘n klein prys om te betaal dink ek. Ek lees nou die dag ‘n stukkie van ‘n oomie op ‘n klein dorpie wat se kinders oorsee bly en dat dit sy kleinseun se verjaarsdag was en hy hom in engels probeer gelukwens (‘n kleinkind wat hy nog nooit eers self vasgehou het nie) en dit het my net weer laat dink hoe baie mense in ons land al sulke kleinkinders oorsee het, wat hulle nie mee kontak het nie, hoe hartseer. Ons is gelukkig om my sus en haar gesin tenminste eenkeer per jaar te sien, want finansieel is dit moontlik. Maar vir baie is dit nie.

Die dat jou hartsmense so ver is, mis mens so baie. Mens mis verjaarsdae, Kersfese, etes en vakansies saam. Genadiglik het ons deesdae sosiale media wat die gaping oorbrug, want ek kan myself nie eers indink hoe dit moes wees as ek net ‘n ou telefoon moes gehad het wat jy net kan bel as iemand by die huis is nie, ons sou nooit kontak gehad het nie, want daar is ‘n 6 uur tydverskil. Naderhand is jy gewoond aan die “mis” dit raak dof in jou agterkop, en jy skuif dit opsy. Jy bel met verjaarsdae en stuur boodskappe en gesels gereeld op whatsapp en sien uit na die volgende keer se kuier. Maar die verlange word soms erg real. My sus verwag ‘n baba, ons is so opgewonde want nuwe baba en ousus verskril 7 jaar. Die maande stap aan en ek het tenminste my sus eenkeer in haar swangerskap gesien, en kon so bietjie oor die babamagie vryf maar die kuiers is altyd te kort en tyd gaan te vinnig verby en voor jy jou oë uitvee is hulle alweer weg en die kuier verby.

Dis die dag van haar babatee, en ek onthou die dag met die ousus se babatee het ek met alles gehelp en was super opgewonde om die dag spesiaal vir my sus te maak. Maar vandag kan ek nie daar wees nie, my sus is oorgelaat aan haar kanadese familie om dit spesiaal te maak, en my hande is afgekap, ek kan net gelukwense stuur en hoop die dag is extra spesiaal vir hulle…………….. Die engeltjie word gebore, sy is perfek en so soet, ek sien die fotos en ek hoor van die geboorte, en in my hart huil ek van vreugde en seer want ek weet nie eers wanneer ek die eerste keer die lyfie gaan kan vashou nie.
Want ek het familie oorsee.

Met liefde geskryf vir my familie oorsee, verlang elke dag na julle.IMG_6306

Pandora’s Box

Tags

In griekse Mitologie is daar ‘n legende van Pandora, Pandora het ‘n houer by Epimetheus gekry en was so nuuskierig dat nadat almal haar waarsku het, het sy nogsteeds die houer oopgemaak. Wat sy gevind het was aaklig, dit was lelik, dit was alles wat sy nie wou gehad het nie. Haat, siekte, jaloesie en dood. Na sy die boks oopgemaak het kon sy dit nooit weer toemaak nie, en die wereld was gevul met al die lelike goed. Maar klein was die laaste stukkie in die boks weggesteek en alleen,…….. en dit was hoop.

Wanneer jy niks meer oor het nie, het jy nog altyd hoop. Hoop is iets wat jy bemin en eenvoudig net nie kan vergeet nie. Maak nie saak hoe sleg jou situasie is nie, daar is altyd hoop dat more beter gaan wees, dalk gaan iemand my red, dalk gaan ek gesond word, dalk gaan ek die lotto wen, ek hoop om gehoor te word, ek hoop om gesien te word, ek hoop.
En dis die ding van Pandora se boks, as hy oop is, is hy oop. Jy moet met die goed wat by hom uitkom “deal”.

So sit ek verlede week in die dokter se spreekkamer, daar is ‘n knop in my bors. Ek is 38 my kinders is nog hopeloos te jonk om sonder ‘n ma te moet wees,en ek is hopeloos te jonk om aan die dood te moet dink. Maar Pandora se boks is oop en ek moet daarmee “deal”. Na ‘n hele klomp toetse ‘n scan en ‘n mammogram later, word dit vasgestel ek het net ‘n cyst. Ek huil in my hospitaal cuppachino. Manlief bel elke halfuur om te hoor of ek al weet wat aangaan. Die tipe verligting wat ek voel kan ek nie in woorde vir julle beskryf nie, my ouma moes albei haar borste verwyder as gevolg van kanker. So daar is trane van verligting, want daar die hoop wat ek in my Pandoras boks gevind het.
Dis soms moeilik om vir mense te verduidelik die tipe vrees waarmee mens leef as jy al mense in jou familie afgestaan het aan kanker. Dis iets wat mens nie aan wil dink nie, maar steeds in jou agterkop bly die wete dat daar ‘n defek in jou DNA is. Jy probeer so gesond as moontlik leef en so positief as wat jy kan.

Hoop word deel van jou DNA, want jy kan nie anders nie. So ek wil vir elkeen van julle sê maak nie saak waarmee jy moet “deal” nie, wat jou Pandora se boks opgelewer het nie, daar is altyd hoop. So stap ons hierdie pad, een trappie op ‘n slag. En ek hoop dat elkeen op hierdie pad vind wat jy nodig het. As ons niks anders oorhet nie, het ons nog altyd hoop.

Briefie van ‘n hartseer mamma

Tags

, ,

Daar is soveel keer in ouerskap wat jy wonder of jy die regte ding doen. Daar is soveel kruispaaie en dis onmoontlik om te weet of jy die regte pad gekies het. Ek sien myself as ‘n openminded mens, ‘n uit die boks tipe mamma wat my kinders die regte tipe vryheid gun sodat hulle kan ontwikkel en hulle eie mens kan wees, terwyl ek in die agtergrond leiding en raad gee. In die hoop dat hulle wel eendag wanneer daar iets “major” met hulle gebeur ek die eerste een sal wees wat daarvan sal weet.

En so is dit ook tot dusver in ons huishouding. Ek weet wat in my kinders se harte aangaan. So het ons aan die begin van 2019 by ‘n kruispad gestaan met my poplap. Die skool hou revue, ons is bitter opgewonde want sus is mal oor sing en dans en drama is haar lewe. Sy het alreeds haar eie youtube kanaal en floreer op Tiktok met ‘n hele klomp aanhangers en met ‘n paar jaar se dansklas ondervinding agter haar het ons gedink: “Well this one is in the bag!” Boeta het van die begin af gesê dans en sing op die verhoog is nie vir hom nie.

Nou ja die dag van oudisies ( ja julle het reg gehoor, sussa is in GR3 by ‘n doodgewone laerskool en hulle hou oudisies!) elkgeval …… hulle laat ‘n klomp maatjies van die klas in ‘n kring staan, teen mekaar en een van die senior graad juffrou kies 1 of 2 uit die groep, nou ja ek vra met trane van verstrasie in my oë hoe kan mens so oudisies doen?? Nietemin, sussie is nie gekies nie. Trane en trane word gestort by die huis in haar kussing en myne. Ek troos en praat moed in en sê: aag nee wat dis nie belangrik nie. Daar sal weer ander geleenthede wees. Terwyl my hart in 10 000 stukkies breek. Ek is reg om my witwarm motor op te vuur en skool toe te jaag met ‘n gejuig en my kind se plek te verseker in die revue. Maar pappa paai, dat soms leer ons, ons kinders beter lesse deur nie altyd hulle plek oop te koop/baklei/vry of blinklek nie. En ek berus daarby. Net omdat sy nie gekies is nie, beteken nie sy is minderwaardig teenoor enige van die ander maatjies nie. Ek sluk my trane en ontknoop my vuiste, haal diep asem en glimlag vir die juffrou en die skool, want ek is nie die tipe mamma wat hou van persooneelkamer koffie of die hoof op sy eerste naam noem nie.

Na maande se geoefen, is die skool gereed vir sy revue. Ek kners op my tande, want oh wee ek moet op elke whatsapp groepie, en facebook hoor hoe ween die ouers oor die klere oefentye ens wat gedoen en gereel moet word, en bid tog net dat die ook maar sal verbygaan. Want soms in my hart dra ek ‘n klip, want sus kom in die middag by die huis, en vertel opgewonde hoe mooi die maats se grimering lyk en hoe hulle oefen, en sy is so braaf want sy maak asof dit haar glad nie skeel nie, maar ‘n mamma hart weet mos maar wat in daai klein breintjie aangaan. Ek praat maar ander goed. En bak koekies en bederfies en ons lees stories. Elke dag as ek my facebook oopmaak en ek sien die blink en die mooi en die lekker en ek hoor die trots in die ouers se stemme, probeer ek myself laat glimlag en sê aag dis nie belangrik nie, daar gaan weer geleenthede wees.

En ek hoop dat hierdie mamma die regte besluit geneem het toe ek by daardie kruispad gestaan het. Want ouerskap is soms die moeilikste en maklikste ding wat mens ooit sal doen.

Days are not the same

Sometimes inspiration comes from the most unexpected places. In South Africa we have car guards that watch our cars while we shop because we have such a high crime rate. It is expected to give them money for watching your car, even if you where only away from it for 5minutes. One morning while returning with my shopping, I realised I did not have money for the car guard and apologised to him for not giving him anything that day.  And he gave gave me this piece of wisdom: “It’s ok madam, days are not the same”

That stuck with me ever since. Because how true is that. Today I am on the top of the world, I have money and have everything my heart needs. But tomorrow it might be different and I have nothing. Because days are not the same. You might be riding the wave of success today, but none of us are fortune tellers that know exactly what lies ahead of us for tomorrow, we can plan and dream and make sure we are prepared, but we can never know for sure.

Because days are not the same. Enjoy the day you have today, doesn’t matter if you are on the top of the hill or down at the bottom. Because tomorrow it might be different. None of us are getting out of here alive. Make the most of what you have for this day, this moment.

Blessed be to everyone.

 

Ageing

When I was sixteen I wrote a poem about ageing, everyone was amazed at the way I just understood the concept even though I was so young. I just understood the process, I still think I have an old soul and have been around the block a few times.
Now that I am at the age of 35 and really ageing, it has so much more meaning. I start to see the lines on my forehead and know that it is simply inevitable. I often tell my husband that I live only for him and my kids. Because life for me sometimes is truly unbearable. But my husband says I have FOMO (fear of missing out) so for that I want to be with them every moment of their lives.

Just finished watching the series 13 Reasons Why, and it stirred up old emotions for me. I have contemplated suicide a lot in my life. But since I got married and had children I just had so much to live for. I just can never be that selfish, I know their lives would be hell without me. I would create a world of issues for them, so I stick around, good days, bad days,all days.

Why are we scared of getting older and ageing? Why does it feel so unnatural, even though its the most natural thing to do. We fight it, and hide from it. And pretend that it just doesn’t happen.

We feel the aches and pains and pretend we are still fine and young and can still do whatever we did when we were 20. But in truth, we cant. And we will never be able to do them like we did at 20.

It’s depressing. But its part of life. So we should enjoy living while we are alive. We only get a small amount of time to do it.

Ageing – by Adelene Hartzenberg

Follow the path of broken hearts
and you will come to my door.
Memories will be the walls
and forgotten faces the door.

Looking through the window
you will see me standing
bitter and alone.
As it began it will certainly end.

Waiting for the next to knock,
Unknowing and proud.
To be moulded and made to my own perfection,
that is my game.

Enjoy the process of ageing. I am embracing it, it comes with so much more things to look forward to. I hope.