Ons is toegesluit,
Ons was so haastig en te besig om te sien,
Die aarde het gekreun terwyl ons haar keer op keer bloedneus gee.
Ons rug op haar gedraai terwyl sy soebat en pleit,
op haar kniee rondkruip.
Ons het haar geskop en stief laat voel,
Terwyl ons nog plastiek berge bou.
Ons is toegesluit,
Ons was blind en te besig om te sien,
Die aarde was siek en moeg vir haar elke dag se pyn,
terwyl die kanker van ons geldgierigheid haar wegvreet en uitteer.
Ons het nog bome uitgekap, riviere besoedel en gelag terwyl ons diere huil van pyn.
Ons het partytjies gehou en vergeet dat ons haar meer nodig het as sy vir ons.
Moederaarde het besluit
om ons nou toe te sluit.
Ons skarrel en baklei teen die siek wees en koue vloer van ons sel.
Maar ons het vergeet
dat dit ons skuld is dat moederaarde haar lewe nou terug neem
en sy het ons toegesluit,
sodat ons ook kan herstel van ons malle gierigheid
en op ons kniee kan dankbaar wees vir skoon lug, vars water,
liefde sonder voorwaarde
en tyd.
Adeléne Hartzenberg
Maart 2020
Sjoe dis baie waar – en mooi. Mag ek dit asb herblog?
Hi daar, ja natuurlik! Sterkte vir julle ook daar in hierdie onseker tyd wat voorlê.
Pragtig geskryf. Presies soos dit is.
Dankie 💚