Agter die masker

Agter die masker is ‘n vrou nes ek, dieselfde gelaatstrekke, gesig, ons vertel dieselfde staaltjies en grappe. Maar wie is die masker en wie is ek? Ons teer op aandag en aanvaarding. In die samelewing van vandag wie is meer aanvaarbaar, die masker of ek? -Enelda Continue reading Agter die masker

Rusteloos

Net vir vanaand wil ek die volmaan aantrek. Skarlaken wit. Vlekloos, kaal, volrond perfek. Net vir nou wil ek dans, naak, onbeskaamd. ‘n Silwer aand, net vir ons vanaand. Net vir vanaand maak jy my skaam, dat ek so menslik, ondankbaar, ontevrede, onversadig vir die lewe is. Dat ek nooit vir myself kan lief wees, dat ek myself verniel, vergiftig en verwaarloos. Terwyl jy saggies … Continue reading Rusteloos

Verlepte Gister

Die weke hoop op soos gesnipperde velle papier op die vloer. Heuningsoet die herinnering tot ons weer moet groet. Gister was verlepte rose. Vandag opgebring en weggespoel, more, wie sal weet. Soos Vetspatsels kleef dit, Sit dit, totdat jy wurg om weer op te staan en nuut te begin. Die lewe word ‘n ou uitgehongerde brak, elke happie ‘n feesmaal. Vergete is die vernedering, vergete … Continue reading Verlepte Gister