as Ek

as Ek as Ek maar net daardie bitter pil van genot sonder bekommernis kon sluk. as Ek maar net my hare kon los maak in die wind, en wegwaai. as Ek maar net vrou kon wees. Tydloos, ewig mooi. as Ek maar net kon vrede maak met verandering. as Ek maar net my verhaal kon eindig. Kon fluit fluit in storietyd. as Ek maar net … Continue reading as Ek

Mengelmoes – Week 13 – Vlak 3

Die dae het nou al alles saamgesmelt en voel soos een deurmekaar gekrapte bord kookkos. Niemand weet meer waar die begin of einde is nie. Ons is in survival mode en het lankal sin van werklikheid verloor. Die laaste drie maande voel soos ‘n baie slegte droom en mens wonder wanneer gaan ons nou eintlik wakker word? Ons ry verby besighede wat nou leeg is, … Continue reading Mengelmoes – Week 13 – Vlak 3

Wie se kant van die storie is reg? – Inperking Week 11 – Vlak 3

My man het ‘n gesegde waarby hy leef, ‘n storie het altyd twee kante. Voor jy oordeel vind eers die ander kant van die storie ook uit. Omdat ek passievol is word ek soms vinnig meegevoer in ‘n situasie en ek vertrou ook meeste van die tyd alles as waarheid. Maar daar is altyd twee kante. Hierdie week was ‘n wereldwye passievolle week, ons is … Continue reading Wie se kant van die storie is reg? – Inperking Week 11 – Vlak 3

Soete Herinneringe – Inperking – Week 6 -Vlak 4

Elkeen wat oor jou lewenspad kom, skryf ‘n gedeelte in jou lewensverhaal dis dalk ‘n hoofstuk, ‘n bladsy ‘n sinnetjie. Maar op die ou end wanneer jy jou boek finaal sluit, en terugkyk oor jou lewe was elke rol belangrik gewees. Dit het jou help word, en besluit hoe jou lewe sal wees. In hierdie tyd waarin ons nou is, het ons nogals baie tyd … Continue reading Soete Herinneringe – Inperking – Week 6 -Vlak 4

Grendeltyd 2020 – Week 5

Daar is ‘n piepklein ligstraaltjie aan die ander kant van hierdie grendeltyd donker wolk. Ons staar en gryp na hom asof ons laaste asem daarvan afhang. Maar in ‘n mate weet ons dat dit nie nou al kan eindig nie, want ons getalle begin erg styg en so ook ons dodetal, en ons winter lê nog voor. Winkels naby aan ons se mense begin positief … Continue reading Grendeltyd 2020 – Week 5

Lock-Down – Week 1

Hierdie week was ‘n warboel van gemengde gevoelens vir my, ek het die 7 stappe voltooi: Skok, Ongeloof, woede, vrees, hartseer, aanvaarding en laaste vrede. Na President Ramaphosa se aankondiging oor die gevreesde lockdown, was ek darem fisies al gereed omdat ons gesorg het ons is voor die rush voorbereid. Maar emosioneel dink ek nie was ek reg nie. Want ewe skielik word jou vryheid … Continue reading Lock-Down – Week 1