Stamboom

My ma is op ‘n missie om uit te sorteer, weg te pak, uit te gooi en nuut te maak. Sy pos elke dag op ons familie sosiale media groepies fotos van ons voorgeslagte, pragtige fotos. Wat mens met heimwee vul en jy weet nie eintlik hoekom nie. Laat verlang na ‘n tyd wat jy nie kan onthou nie. Lus maak vir stories skryf en … Continue reading Stamboom

Klein Genade

Daar is ‘n ander soort stilte aan vrede Diep en wyd soos die Karoo in die laat middag. Daardie stilte wat smaak soos vryheid, wanneer jou tyd vir ‘n oomblik doodstil staan en jy besef, hier en nou is ek totaal gelukkig. Dis dalk net vir daardie oomblik, ‘n klein stukkie maar dis joune om te koester. Wanneer jy volkome vol sirkel gereis het, jy … Continue reading Klein Genade

Op ‘n ander dag

Kop en skouer, vlinder vlerk. Botter geel met watte wit. Uitgekring en weg gevlieg. Skaduwees van ouderdom. Soet wees drome, lekkerkry. So gaan dit alles stadig verby. Soos heuning vir die hommelby. Verdwaalde sonstrale op die mat, dansend met die wind. Helder en dof – dof en helder die rasende klanke van die nag. Deur helder gekleurde glas, die tralies. Vrede en vryheid toegesluit. Geen … Continue reading Op ‘n ander dag