Kommunikasie – Week 8

Gister was ‘n nuwe ondervinding vir my die eerste keer wat ek ‘n verjaarsdag moes doen in hierdie inperkings tyd, my meisiekind sien nou al vir ‘n maand uit na haar geboorte dag. En eerlik waar was ek op my senuwees, want ek wou dit darem vir haar ekstra spesiaal maak, ek lees juis vanoggend in my vroee oggend wakker lê sessie van ‘n seuntjie van 12 wat in hierdie tyd sy eie lewe geneem het, oor ‘n simpel rekenaar skerm.

As ‘n ma van 2 pre-teens, vul dit my met ‘n vrees wat mens amper nie kan beskryf nie. Daarom is kommunikasie met jou kinders die belangrikste ding wat jy ooit as ouer kan doen, nie die goed wat jy vir hulle gee of koop nie, maar om met hulle te praat en te gesels. Op hulle vlak. Kinders is soos sponsies, en is baie meer bewus van wat om hulle aangaan as wat ons soms besef. Hulle suig negatiewe nuus en atmosfeer op. Daarom moet mense so versigtig wees wat ons op ons kinders se skouers pak. Want daai skouertjies is soms nog nie reg om die swaar dinge van die groot mens lewe te kan dra nie.

Hulle voel in die hierdie tyd net soos ons ook vasgevang en magteloos. Ergste is ons verstaan soms die redenasie agter die situasie, maar vir hulle is dit nog onverstaanbaar. Hulle verstaan nie hoekom hulle nie meer hulle maats of oupas en oumas, ooms en tannies kan sien nie, en deur my eie kinders se oë sien ek hoe hulle al hoe meer anti-sosiaal begin word, en nie meer wil kommunikeer nie. Daarom vra ek jou vandag, loer in by jou kinders, gaan sit op hulle bed en vra hulle hoe dit gaan. Wat hulle pla en of hulle vrae het. Dis jou plig, dis nodig. Hulle het ook vrese, en is bang daar gebeur iets met mamma of pappa, ek lees so baie op al die ouerskap groepies hoe ouers ewe skielik sukkel met kinders wat totale gedragsveranderinge toon, hoe is dit dan dat mense nie besef dat ons almal deesdae gedragsveranderinge beleef nie? Verwag ons regtig ons kinders moet aangaan soos normaal, asof hulle net ‘n huisplant is?

Sterkte met ouerskap in hierdie tyd, dit was nog nooit ‘n maklike taak nie, maar in hierdie tyd voel dit soms onmoontlik. Kommunikeer met mekaar, aanvaar dat ons menslik is, almal van ons, ouers en kinders. Help mekaar om te herstel, en te cope. Nog ‘n week lê voor, kom ons maak dit ‘n beter ene.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s