Prinses
Daar is soveel wat mamma jou wil leer voor jy 18 eendag word,
Ek wil jou leer om ‘n tafel mooi te dek,
hoe om jou grimering elegant aan te sit.
Watter kleure bymekaar pas.
Jy jou altyd soos ‘n dame moet gedra.
Maar meeste van alles, wil ek jou leer liefhe.
Leer van vrouwees, vergifnis en verdraagsaamheid.
Ek wil jou sien ‘n meisie word,
dan ‘n dame en dan ‘n vrou,
ek wil jou sien met jou babas in jou arms.
Ek wil jou druk en soen en vertel hoe pragtig jy is.
Ek weet ek gaan trots wees op elke tree wat jy gee.
Want in ‘n mate is jy ek en ek is jy.
Van vrouwees is daar soveel om te leer.
Weet net elke dag my poplap,
in mamma se arms kan jy kom rus,
kan jy kom huil, kla of sug.
Jou trane kan my skouers natmaak.
By my is jy veilig, en my hart is jou huis.