Steeds ingeperk – Week 7

Stadig maar seker raak mens vasgevang in die nuwe normaal, en jy verlang! Na alles en almal van die dae voor inperking. Jy lees die berigte op sosiale media, en wonder wat gaan nou eintlik aan. Is ek vasgekeer in ‘n episode van The Handmaids Tale???

Jou dae bestaan uit ‘n op en af van emosies, jy gaan van normaal na abnormaal in die kwessie van ‘n paar sekondes. Selfs introverte is al moeg vir afsondering. Die winter bekruip ons stadig maar seker, ons mag weer stap en draf, so genadiglik kan mens so bietjie van die laaste stuipe van herfs beleef, terwyl die blare stadig aarde toe tuimel, tuimel ons gemoed ook maar. Wat bly oor wanneer alles van jou ontneem word. Jou trots, en dit is iets wat ons volk baie van het. So hou jou kop hoog, en kyk vorentoe. Moenie dat hulle ons vertrap terwyl ons lê nie, want ons gaan nie lê nie, ons kyk die vyand in die oog, en vra is dit al!!!???

Nooit sal ons die dae soos vroeer seker weer kan terug kry nie. Die nuwe normaal is anders. My kinders sê vanoggend aan die ontbyt tafel dat hulle soms vergeet van die Korona virus, en dit het my laat besef dat kinders baie meer aanpasbaar is as ons volwasse mense, vir hulle het die lewe reeds begin aangaan. Hulle is reeds besig om die nuwe normaal as normaal te aanvaar. Maar ons sit nog vas. Ons skop nog teen die anders van dit wat ons nou het.

Die tyd is nou vir besef dat dit jy alleenlik is wat jouself gaan terug hou, dat al staan jy en skree gaan jy nie gehoor word nie, dis ons vir onsself. Trek aan jou beste baadjie, kam jou hare, en kyk die lewe reguit in die oë, want my volk, hierdie mense sit nie op die ashoop nie. Ons klim berg, kaalvoet as ons moet. Kom ons leer weer uit die nuwe normaal, dat ons, vir ons is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s