Vir Xander
Vir jou wil ek die wereld gee, my seun
Toegedraai in blink papier.
Dan wil ek jou gesig dophou
Terwyl jy dag vir dag uithaal en oopvou.
Ek wil jou troos in die hartseer,
Saam met jou skaterlag.
Met jou droom en onthou.
Ek wil jou leer van die lewe,
Die goed en die sleg.
Sodat jy voorbereid kan wees.
Mamma wil jou vasdruk teen my bors,
Vir jou die beste gee wat ek kan.
Maar nie als wat jy begeer.
Ek wil jou leer respekteer en liefhe,
Bid en dankbaar wees.
As ek mag, wil ek jou groot maak,
‘n traan stort op jou troudag.
Jou kinders in my arms vashou.
En elke aand op my kniee dankbaar wees,
Dat ek jou mamma is.