Soete Herinneringe – Inperking – Week 6 -Vlak 4

Elkeen wat oor jou lewenspad kom, skryf ‘n gedeelte in jou lewensverhaal dis dalk ‘n hoofstuk, ‘n bladsy ‘n sinnetjie. Maar op die ou end wanneer jy jou boek finaal sluit, en terugkyk oor jou lewe was elke rol belangrik gewees. Dit het jou help word, en besluit hoe jou lewe sal wees.

In hierdie tyd waarin ons nou is, het ons nogals baie tyd vir dink en onthou, vir die lekker en soms ook die sleg.  Jy dink aan vakansies saam met jou geliefdes, verlang na mense wat jy al moes afstaan aan die dood. Jy dink aan vriendskappe wat lankal nie meer bestaan nie. Jy onthou soms die verkeerde besluite wat jy geneem het.

Ek onthou die kuiers op ouma en oupa se plaas, waar dit so donker in die aand is jy kan letterlik nie jou hand voor jou oë sien nie, ek onthou ‘n aand in my tienerjare, toe ons hele huisgesin op ‘n ou weggooi 4 sitplek bank in die middel van die grasperk gesit het en na ‘n meteorreen gekyk het.

My eerste ontmoeting met die grootmens lewe in London, hoe ek in die donker, alleen, koue nat paaie gestap het, terug van my eerste amptelike werk as kleuterskool hulp. Waar dit voel dis heeltyd donker, en almal is grys. Nagskof by my hotel jobbie waar ek vir liefie ontmoed het, die pret, die kattekwaad van my vroeë twintigs.

Ek onthou die lekker soet koffie op my bedkassie in die oggende voor skool, terwyl die busse wat verby gery het een een lugstrepe teen my dak gemaak het. Hoe ek sommige oggende my ma wou verras en sommer my skoolklere vroeg aangetrek en weer terug in die bed geklim het, en surprise geskree het as sy my kom wakker maak.

Ek onthou RSG op die radio, in die huis en in die kar, en hoe Nikkie maar altyd sy sê gesê het. Hoe ek in die kar moes sit en wag vir my sus om uiteindelik uit die huis uit te kom sodat ons skooltoe kan gaan. Ek onthou my sus se woonstel in Sunnyside Pretoria, waar jy maar so paar keer oor jou skouer geloer het as jy vinnig by die huisbak ingeklim het, en hoe daai verdomde ding stukkend was na ek en liefie se eerste groot baklei en ek al my goed 4 stelle trappe moes opdra na ek my vir hom gewip het en my goed gevat het om te loop.

My eerste karretjie, se gevoel, se reuk en hoe ek skelm skelm, sonder lisensie ek en my subbe self skooltoe bestuur het in St 9. Winter vakansies en my verjaarsdae, met kaggelvuur en soveel koek en lekkers. Gesin en familie vakansies, die lekker kuier en eet en lag. Vakansies oorsee, die nuwe en die vreemde, die bekooring wat jou byt en jy jou vergryp en hoe jy nooit ooit daarna weer na die wereld dieselfde kan kyk nie, dis asof jou oë oopgaan en jy besef dat jy maar net ‘n klein niettigheid is. Hoe jy net meer en meer van dit wil sien en hê en beleef.

Daar is nog so baie, soveel spesiale oomblikke, my troudag, die geboorte van my kinders, die vrees, die opwinding van vrou en mamma wees. Die onsekerheid. Hoe ek met dankbaarheid kan terug kyk, en kan onthou, die goeie en die slegte en weet dat dié wie ek vandag is, die eindresultaat is, en was van al daardie dinge gekombineer.

Hoe mens soms so maklik vergeet dat dit ‘n groot seëning is om te kan leef, en lag en onthou. Dat berge soms net molshope is, en dat alles net tydelik is, dat dit ook maar net weer ‘n herinnering sal word. Wat jy gaan kan oproep, en soms wil vergeet. Hoe ons soms ook te veel in die verlede wil leef, en vergeet dat die nou, belangriker is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s