Wie is wat, en wat is wie??

Dis dalk al 2021 maar,

en ek weet hierdie is ‘n baie sensitiewe subject, maar seksisme is nog regtig orals, en deesdae is daar ook so baie labels om nie gelabel te word nie, dat my kop soms draai en ek wonder, weet mense regtig nog wie en wat hulle is, want daar is tot al mense wat goed wil wees (katte, honde, appliances) die lysie is lank. Ek is ‘n groot vegter vir menseregte, maar dan moet jy darem ook net besluit wat jy wil wees.

So praat ek met ‘n buurman die week, oor die trek, en hy vra wat ek gaan doen by die nuwe plek. Ek sê ek wil ‘n boek gaan skryf. Waarop hy dadelik antwoord, oh oor hoe om na kinders te kyk en groot te maak? Ek was eers bietjie uit die veld geslaan, want is dit dadelik wat mense dink as hulle ‘n vrou sien, sy is absoluut net goed genoeg om kinders te baar en ‘n goeie vrou vir haar man te wees. Ek meen regtig ons is in 2021, vrouens gaan al mars toe om permanent daar te gaan bly, ons is presidente, ons is dokters, onderwysers, wetenskaplikes. Ek dra baie labels, maar ek is nie net goed genoeg om kinders groot te maak nie.

Dit het my laat dink aan ‘n video oor aktrises wat ek onlangs gesien het wat deur joernaliste verkleiner en afgebreek word omdat hulle in top rolle en posisies is en nie “goeie” ma’s kan wees nie, as daar nou een ding is wat ek my dogter sal leer, is dat mens suksesvol in jou beroep kan wees en ook ‘n goeie ma kan wees, jy hoef nie een of die ander te hê nie, en dat die akteur wat Sherlock gespeel het Benedict Cumberbatch, gesê het dat hy nie weer in iets sal speel tot sy mede aktrises nie dieselfde betaling as hy kry nie. Ek is regtig nie ‘n feminis nie, en ek haat hierdie klomp wat aangaan en maak asof hulle alles kan doen wat mans kan doen, nee ons kan nie, elkeen het sy plek in die samelewing, ons is nie so sterk en so aanmekaar gesit soos mans nie, en ek is mal daaroor om die vrou in my huwelik te wees, wat koester en na my kinders omsien en versorg en die sagtheid bring, net soos ek daarvan hou dat my man die man is. Gelukkig in my huwelik was ek nog altyd die vryheid gegun om myself te kan uitleef, en te wees wat ookal ek wil wees.

Maar ek dink daar is baie wat nog moet bykom, en besef dat ons, ons dogters moet bemagtig, hulle moet leer, ek is meer as net ‘n lyf of ‘n gesig, ek is die moeite werd om enige iets te kan vermag wat ek wil, dat ek nie nodig het om by ‘n man te bly wat my mishandel en vertrap nie ek nie nodig om myself te verdedig, verander of verraai vir ander nie, kyk hoeveel vroue was in die laaste jaar vermoor. Deur selfsugtige buffels.

Ek weet dis net een man se comment wat my getrigger het hierdie week, en daar is duisende wat baie anders voel en dink as die individue. Leer julle dogters om nie afhanklik te wees nie, en leer julle seuns om vrouens op te hef. Ons het mekaar nodig, ons het mekaar se hulp nodig om die wereld tot ander insigte te bring. Ons is beter as labels, ons is beter as rolle, en rasse en wie’s en wat’s.

One thought on “Wie is wat, en wat is wie??

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s