Plant die goeie en die mooi sal daaruit groei………

In die week sit ek en ‘n vriendin en gesels, ons praat so oor al die goed wat ek in pak, ek het baie mooi erf goed, teestelle, eetstelle antieke meubels ens.

Ek is baie jammer vir al my mooi goed en probeer hulle oppas. Sy sê sy dink ek is materialisties. Ek het haar maar so gesit en uitluister en besluit om dit as kompliment te vat. Want ek besef ek is voorwaar materialisties in ‘n mate, ek het nog altyd van mooi goed gehou, mooi huise, mooi meubels, mooi klere, mooi karre, mooi eetgery. Mooi tafel gedek met lekker kos.

Maar ek hou ook van alles wat mooi is, die sonsondergang, die sterre, bome, blomme, diere, mooi het my nog altyd geinspireer, daar is niks mooier as ‘n lekker lang stap in die natuur nie, daar is niks mooier as jou kinders nie. Niks mooier as jou man se lag nie. Ek is materialisties want ek kan die mooi in baie dinge raak sien, ou goed, nuwe goed, selfs goed wat stukkend is, mense diere en plante. Ek sal veel eerder die mooi in iets raaksien as die negatief of lelik, want ek het lankal in my lewe besluit dat die lewe moeilik genoeg is, en nog erger vir jouself as jy net heeldag gaan fokus om die sleg, en die negatief.

Ek kies dan eerder ‘n duisend maal al my mooi goed, want hulle gee my plesier, nie omdat ek bang is iemand gaan hulle verniel of omdat ek ander mense deur my goed wil “impress” nie, dit gaan oor my, en die manier hoe ek daaroor voel wanneer ek die liefde en waardeering met ander kan deel. Hopelik kan ek hierdie gesindheid eendag oordra aan my kinders, dat dit nie gaan oor die goed self nie, maar oor die gesindheid, die manier hoe ‘n mens voel wanneer ander dit saam met jou kan gebruik, wanneer jy dit kan geniet en jy daardie herrineringe gemaak het.

Om kuiers te kan hê en almal eet en drink uit daardie mooi eetstel, om tee te kan bedien in jou mooi teestel, om te lag rondom die geerfde stoele en tafels, en jou kinders/kleinkinders daarop te sien aan die slaap raak, sit en speel, leer en te weet more is hulle groot, as iets breek te onthou dit is net ‘n bord, glas of beker, maar die gesiggie wat vir jou terugkyk kan nooit vervang word soos die bord, glas of beker nie. Daardie hart is weerloos, skoon en rein en dat ons daardie hart en siel moet bewaar.

Goed is goed, en ja dis lekker om mens se lewe te kan mooimaak. Want hierdie paadjie loop jy alleen, maak die beste daarvan en maak dit mooi met dit wat vir jou saak maak.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s