My Pappa – Week 12

Dis amper Vadersdag en dit het my so rukkie gevat om presies te weet wat ek wil skryf, want wat skryf mens nou eintlik oor die man wat jou alles gegee het wat jy begeer, wat hard werk om vir sy gesin te sorg en nie suinig is nie. Net die beste was nog altyd goed genoeg vir ons, ek onthou toe ek my eerste kar gekry het was my pa se motto, ek koop vir jou ‘n nuwe kar want ek wil nie hê jy moet gaan staan langs die pad en sukkel nie. Met verjaarsdae onthou ek so goed, is daar vir my gevra watse koek moet ek koop en hy het tuisnywerheid toe gery en ‘n tafel vol bederfgoed gekoop.

Ek het baie geseënd groot geword, kan nie onthou dat daar ooit ‘n tekort was nie, my ma is ‘n baie goeie minister van finansies en my pa se tranesport (transport) besigheid soos hulle dit noem was goed vir ons. Ek onthou my pa was vroeg dag al uit die huis om sy werkers weg te neem na waar hulle moet gaan. Die vragmotors is aan die gang gesit en so na jare gaan dit nogsteeds, my pa het olie gegrafeer in sy hande van al die jare se regmaak, wieleruil het sy rug al af en hy is al vroeg grys van al die drama wat drywers vir hom gegee het, maar niks wat die nuwe regering al ooit na hulle kant toe gegooi het kon hulle moed breek nie, hulle stoom voort. Soos ‘n goed geoliede masjien is my ouers saam. Geen voordeel was daar nie, net harde werk.

As my ma verjaar moes ek en my sus saam Edgars toe en help kies aan die geskenke wat ons vir my ma sal gee, reukwater, juwele noem dit, net die beste was vir haar goed genoeg. Nogsteeds is hulle mekaar se beste maats soos my sus altyd sê my pa is my ma se grootste fan. Selfs in die kombuis is my pa ‘n voorstaander shef, my ma spot altyd dat dit oorlewing se skuld is dat hy leer kosmaak het, want sy was nie altyd lus daarvoor nie. Daar was ‘n stadium op skool waar hulle ‘n kompetisie gehad het wie kan vir ons die lekkerste kospakkies inpak skooltoe, sjoe toe het ons lekker geeet, dit was Hamburgers en pasteie noem dit.

Ons was gelukkig om baie van my pa te kon sien soos ons groot geword het, omdat hy nie in ‘n kantoor gewerk het nie, en jare later het ek besef dat dit ‘n voorreg was/is om so baie van my pa te kon hê. So vandag in hierdie pos wil ek sê DANKIE PAPPA vir al die jare se harde werk, sodat ons jou gesin goeie herrineringe kan hê van vakansies en ‘n goeie huis, lekker kos en liefde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s