Die dae het nou al alles saamgesmelt en voel soos een deurmekaar gekrapte bord kookkos. Niemand weet meer waar die begin of einde is nie. Ons is in survival mode en het lankal sin van werklikheid verloor. Die laaste drie maande voel soos ‘n baie slegte droom en mens wonder wanneer gaan ons nou eintlik wakker word? Ons ry verby besighede wat nou leeg is, en toegemaak het, en voel hartseer vir die drome wat moes eindig.
Elkeen het sy eie berg om nou te versit, ‘n bitter pil om te sluk. Ons is kwaad en moeg en hartseer. Iewers het iemand vir ons die reset knoppie gedruk en ons was nie bewus dat die speletjie verby is nie. Moedeloosheid neem soms oor, en dan moet ons net weer terugkeer na die werklikheid. Ons wil tasse pak en vlug maar selfs daar is geen antwoord.
My woorde is op en my siel moeg. Kom ons kyk uit vir die goue randjie om die donker wolk. Is hy daar, ek hoop so.
Ek soek saam met jou na die goue randjie, Enelda, want hy is beslis daar. Moedhou, ons sal hierdeur kom.🌸
Dankie Una, dit beteken so baie, ja nee beslis, maar jy weet mos, elke dag het maar sy eie uitdaging en soms het mens net daardie hipstoot nodig om weer aan te gaan. xxx Dankie vir die omgee.
Ek dink menigte van ons voel soos jy, dit help my ook om te weet ek is nie alleen in hierdie “new normal” wat maar gek voel nie.
So mooi geskryf.
xxx