Wie se kant van die storie is reg? – Inperking Week 11 – Vlak 3

My man het ‘n gesegde waarby hy leef, ‘n storie het altyd twee kante. Voor jy oordeel vind eers die ander kant van die storie ook uit. Omdat ek passievol is word ek soms vinnig meegevoer in ‘n situasie en ek vertrou ook meeste van die tyd alles as waarheid. Maar daar is altyd twee kante.

Hierdie week was ‘n wereldwye passievolle week, ons is meegevoer in situasies en stories wat eintlik nie met Suid-Afrika te doen het nie, ons hier het ons eie issues, en bagasie (vragskepe vol daarvan). Almal wat volgens die Bybel, Koran, Shreemad Bhagavad Gita, Tripitakas leef word geleer om nie te oordeel nie, maar wat is die mensdom se gunsteling tydverdryf, om te JUDGE, vanuit ons sitkamer se gemakstoel.

Dit voel vir my die wereld het tans regtig een van daardie einde van die wereld flieks geword, waar daar eers ‘n pandemie uitbreek, en dan begin die looting en riots en alles word gebuit en afgebreek. Mense met maskers, gesiglose naamlose mense in massas wat kwaad is. Daarna kom die Zombies, soos my broer vrydag sê kom ons hoop dis die dom soort Zombies wat nie te vinnig kan hardloop nie. Hou vas jou hoed outjies hoe vinnig kan jy hardloop?

Maar alle grappies op ‘n stokkie, het ons al werklik iets geleer in hierdie laaste jaar, soms wil ek skree van frustrasie as ek lees van die rommel wat weer ophoop, die haat, die absolute domheid van mense wat ons moet lei. Die belaglikheid van sommige situasies. Ek huil vir ons wat weer moet opbou en probeer staande bly in die onmoontlikheid waarin ons onsself bevind. Kom ons hou op ons blindstaar teen die probleem, en kyk om dit en sien die sonsopkoms wat jou ‘n geleentheid gee om weer van voor af te probeer. Hou op om altyd Judge en Jury vir ander se lewens te wees. Bepaal jou by jou eie bol mis.

Wat is die ander kant van die storie? Dat ons almal mense is, almal het foute, almal maak foute en dat daar hope bagasie is wat mense vir hulleself moet uitpak. Moenie meegevoer raak in iemand anders se oorlog nie.

3 thoughts on “Wie se kant van die storie is reg? – Inperking Week 11 – Vlak 3

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s