Inperking – Week 3

Tuisonderrig, in my pos wil ek regtig geen onderwyser of selfs my kinders enige negatiewe woorde toesnou nie. Maar daar is ‘n rede hoekom ek my kinders graag skooltoe stuur, nie omdat ek nie vir hulle lief is en omgee om hulle heeldag by my te hê nie, maar ek is NIE ‘n gekwalifiseerde onderwyser nie, ek het GEEN onderwys diploma agter my naam nie, en ek is net een mens wat weereens probeer om GR 4 en GR 6 werk te behandel en verstaan, en dan is dit vakke soos Wisk, NW, SW, PSW, LV, Afrikaans, Engels en nog ander wat ek nou vergeet het. Sommige dae vul dit my met vrees dat ek na Google moet gryp om van die werk te probeer verstaan. Ek wil tog nie my kinders terug skooltoe stuur intelektueel slegter af as voor DIE VIRUS nie.

Ek is baie goed met ‘n front voorhou dat alles ok is, maar jinne gistermiddag was ek ‘n wrak. Op die Fb gons dit van werk wat heeltyd gepos word, en voorbereiding wat gedoen moet word vir die moontlike eksamen as hulle terugkeer, ons whatsapp groepie gons met werk, en ek en my seun sukkel om nog deur die vorm te kom wat hulle die laaste dag van skool gekry het om deur te werk. Die skool vra asb moenie paniekerig raak nie, die werk is nie noodsaaklik nie, en ons moet rustig wees. Maar my genade, wat gebeur as ons dit nie alles doen nie, vir ‘n mamma soos ek wat totaal alles “overthink” het my brein nou al teen 120 km per uur begin werk en voel dit vir my alreeds my kinders is agter. My hartsvriendin, stuur ‘n whatsapp ( vriendin, ons doen net wat ons kan) en ja dit is al wat ek regtig kan doen. Maar wat as dit wat ek kan, nie goed genoeg is nie, en ek doen my kinders baie meer skade as goed.

Miskien ruk ek net die situasie heeltemal uit verband uit en ek moet maar my “chill” pilletjie gaan drink. So onnies as julle hierdie lees, ek het my bes probeer, wees my as mamma en my kids maar genadig na hierdie gedoente verby is.

2 thoughts on “Inperking – Week 3

  1. En jy gee nog om. Daar is mammas wat al boedel oor gegee het. Ek is seker die onnies weet daar le vir hulle n opdraande pad voor met kinders op verskillende stadiums. Jou vriendin is reg. Doen wat jy kan. En wees bietjie genadig met jou self.

Leave a comment