Persreën

Dis November, die jakaranda blomme lê op die grond, die jaar is op sy rug. Daar is ‘n geskarrel soos almal begin voorberei vir kersfees, ons het uiteindelik vlak 1 bereik.

Hierdie jaar, seker die dolste maar leegste jaar van my lewe, nooit sal mens weer normaal kan wees of dink of praat na 2020 nie. Dit was ‘n jaar van lesse, klappe maar ook vreugde en hernuwing. Soos ek staar na die tapyt van pers by my ruit uit, dink ek aan hoe adelik die kleur altyd beskou was, en hoe net sekere stand mense dit mag gedra het. Hoe ver het ons mensdom al vorentoe beweeg dat ons nie meer daardie reels het nie, maar hoe ver terug het ons ook beweeg in waardes. Hoe mensdom ophou lees het en ophou droom het. Valsheid die norm geword het. Dat wanneer iets my “offend” dit simmier uitgelaat word, al is dit opgeteken in die geskiedenisboeke, dat ons as ras, klas en geloofs oortuiging nie meer kan aanvaar waar en wie ons was en is nie. Moenie my verkeerd verstaan nie, ek is pro mense, en ek is nie ‘n Karen nie, maar wanneer dit by feite in die geskiendenis kom kan ons nie net nalaat en besluit hoe dit was nie. Ons kan wel bepaal hoe die toekoms is, en dit is reënboog kleurig en dis goed so. Want liefde vrede en geluk is wat elke mens verdien.

Hierdie jaar was taaier as ‘n wilson toffie, maar wanneer ek stories lees van byvoorbeeld die 1ste en 2de Wereld oorlog of selfs die boere oorlog dan dank ek my sterre ons is Net in 2020, want dit was veel erger as nou. Ons het regte, ons het die keuses, ons het vryheid en menseregte. Ons het inentings om ons te beskerm teen siektes.

Kom ons hou op kla soos ‘n ou tannie met ‘n nat broek, en groet hierdie jaar met grasie, want hy het ons NIE gebreek nie, hy het ons nie laat lê nie, ons het nie tot ‘n stilstand gekom nie, ons het nog hoop en daar is nog oorgenoeg vir ons.

Dis al, Jan F.E. Celliers (1865-1940)

Dis die blond,

dis die blou:

dis die lug;

en ‘n voël draai bowe in eensame vlug –

dis al

Dis ‘n balling gekom

oor die oseaan,

dis ‘n graf in die gras,

dis ‘n vallende traan –

dis al

2 thoughts on “Persreën

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s