Dagdrome

Sedert my kinderdae het ek nog altyd ‘n fasinasie met die maan, die aarde en die natuur. Ek kon vir ure by my kamer venster uit staar en my verwonder aan die maan. Daarom het hierdie gedig my bygebly en dit het gevoel dit praat net met my:

Herinnering – Elizabeth Eybers.

As kind het ‘k eens die maan se ronde skyf
langsaam sien uitswel bo die silwer vlei
om saggies soos ‘n seepbel weg te dryf
en tussen yl populiere in te gly.

Agter my in die donker was ‘n raam
vol lig en mensestemme en gelag
en in my angs en weekheid sonder naam
terwyl ek op die maan se loskom wag.

Die res is alles duister en verward . . .
Van tak tot tak het hy gewieg . . . ek weet
nog net dat die gekneusde gras se geur
soos naeltjies was en dat ek skielik seer
gekry het van die inkrimp van my hart
en met my pols die trane weggevee ‘t.

Ek het hom een jaar met die kunswedstryd voorgedra en kan dit tot vandag nog onthou, was die eerste en enigste keer wat ek regtig baie goed gedoen het vir my deelname, ek was bitter skaam en ek onthou dit was vir my baie erg om op daardie verhoog te gaan staan en my gediggies te moet voordra, maar ek het jare lank deelgeneem en my beste gegee wat ek kon en op die einde my eksamens voltooi en is gekwalifiseer deur die Gilde van Spraak en drama onderwysers. Nou as ek terug dink kan ek nie verstaan waarom dit vir my so moeilik was nie. Dit het my baie gehelp om voor mense te kan praat en ek dink ek sou nou nog gevlug het as dit nie vir my drama ondervinding was nie. Ek is ‘n maan kind, ‘n dromer, en ek dink die feit dat ek sosiaal kan verkeer is totaal aangeleer en nie natuurlik nie.

‘n Overthinker is wat ek is, wil verstaan waarom alles is soos dit is. Gretig en gierig om van alles te leer, maak die lewe soms regtig moeilik vir myself. Interessant hoe mens dan ook iemand kies wat soos jy dink, wat ook droom, seker omdat dit is waarmee jy gemaklik voel. Nou is ek en my marsmannetjie hier, met twee verskietende sterre en ons droom oor wat die toekoms vir ons inhou. Ons overthink en maak onsself mal, en raak angstig en onseker. Maar wat doen maan kinders as die lewe druk hulle vlug see toe. Die aantrekkingskrag maak dit onmoontlik om te verstaan wat anders om te doen. Hopelik met ons voete in die water en sand tussen die tone sal ons weet wat ons moet doen. Waarheen nou? Wie weet?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s