Die laaste maand van hierdie jaar het aangebreek, wat ‘n jaar, dit voel soos ‘n oogwink en ook soos ‘n ewigheid. Baie sal nog, en is al geskryf oor 2020. Wat wag vir ons in 2021 niemand kan vir ons sê nie, nerens is daar ‘n feetjie met ‘n towerstaffie wat alles net gaan reg toor nie. Covid-19 gaan nie weg nie.
So sukkel ons hierdie hele week om ons voertuig se lisensie te hernu, hulle stuur ons van bakboord na stuurboord, elkeen met ‘n ander storie, ons is naderhand moedeloos, orals is rye en rye mense. Covid-19 het die nuwe verskoning geword vir onbevoegdheid. Sisteme wat nie werk nie, en mag ek dit sê? Luiheid!! Dis ‘n kuns om in Afrika te bly onder normale omstandighede, maar oh my wereld soveel dae soveel dinge.
Soos ek vir iemand hierdie week gesê het om in Afrika te kan leef moet jy die geduld van ‘n saint hê.
Om te skop en slaan en tantrums te gooi help nie, jy pas maar aan, jy haal asem, en probeer maar weer, tot jy dit na die 10de of 20ste keer regkry, en dan gaan jy aan met jou lewe.