Mamma tuisbly – Week 14

Ek het die ‘regte’ lewe betree in my matriek jaar, toe ek vir die eerste keer gaan werk het in ‘n Biltong winkeltjie, ek was doodbang vir daardie grrr van die biltong kerwer, dit was nou wel net ‘n saterdag werkie maar dit het gesorg dat ek klere en skoene en mooi goed vir my kamer kon bekostig. Na skool het ek op die vliegtuig gespring en my geluk gaan soek in London, dit was ‘n belewenis. Ek het by ‘n paar kleuterskole as hulp gewerk en as jong meisie was doeke ruil vir my baie aardig en ek was seker dat ek nooit my eie kinders sal wil hê nie. Wat weet mens ook maar op 18.

Na London het my ma haar hand probeer as winkeleienaar en sy het ‘n Surfer shop oopgemaak, waar ons naam drag verkoop het, winkel het vir ‘n tyd goed gedoen maar kort voor lank was dit tyd om aan te beweeg en ek moes my eie potjie krap. Nog nat agter die ore vol drome en planne stop en eendag oppad huistoe by ‘n hotel op die dorp en gooi my CV daar af. Kort voor lank kry ek die oproep hulle wil my sien vir ‘n onderhoud, en so wraggies daar kry ek toe ‘n posisie in die hotel ontvangs waar ek ‘n paar jaar lank dag en nagskof moes gewerk het, en heeltyd moes staan vir jou hele skof, later het ek bevordering gekry na die “agter” kantoor en het die besprekings gemaak. Die lewe was goed. Ek skryf in by die universiteit om onderwys te swot, maar besluit a.g.v fondse sal ek dit nie kan bybring nie. Juis hier het ek die man van my drome ontmoed wat vir die inhuis IT maatskappy gewerk het. Hy het ook sy eie planne en drome gehad en is kort daarna weg om sy eie besigheid te begin. Op ‘n dag kry ek ‘n oproep wat my lewe heeltemal verander het, ons eerste date kort daarna, en soos hulle sê the rest is history. Hy het my toe gevra om hulle te kom help as Admin vir die besigheid, en ek en my sus pak ons lewe op en trek Pretoria toe, sy om te gaan studeer en ek agter my trouman aan.

Die besigheid doen goed, ek help hulle en ‘n ander besigheid in Kyalami met hulle kantoor admin, ons word oorgekoop deur ‘n groot maatskappy, kantoor politiek gebeur, die jaar van ons troue en daar in ‘n oogwink moet ons weer ander plan maak en van voor begin. Genadig kry ek toe weer ‘n ontvangspos by ‘n finansiele/prokureurs firma en kon vir ‘n tyd daar werk. Ek vind uit ek is swanger en ons trek Johanneburg toe. Kort daarna het my lewe as tuisbly mamma begin.

Ek dink nie dit was ooit vir my ‘n besluit om ‘n tuisbly mamma te wees nie, dit was net vir my vanselfsprekend. Ek het my dae gevul met my baba en om hom groot te maak dat dit nooit vir my nodig was om te verlang na iets anders nie. Voor ek my oë kon uitvee het ek twee klein babatjies onder 3 en my dag is so vol ek weet nie wat bo en wat onder is nie. Ek het sedert my kantoor werk dae laas ‘n voltydse bediende gehad, tot vandag toe kan ek nie daardie eerste tyd onthou met twee klein babatjies nie, ek dink mens se brein blok soms sulke stressvol dae uit. lol

Kort voor my meisie mens se eerste verjaarsdag besluit ek om my hand met die partytjie wereld te probeer en ek begin my eie beplannings besigheid. Dis lekker en ek is besig en kreatief. Vir vyf jaar het ek bruide en benoude mammas en kinders se hartjies bly gemaak deur om hulle dag ekstra spesiaal te maak. Maar kort voor lank is dit weer tyd om aan te beweeg, die kinders word groot en skool werk word druk, vir ‘n kort tydjie het ek weer my passie uitgeleef deur om kinders die wonder van kuns deur Spraak en Drama te leer.

Maar geen posisie of plek wat ek al gevul het, het my ooit so suksesvol laat voel soos wat dit is om ‘n mamma te wees nie, om ‘n tuisbly mamma te wees is ondankbaar, jou werk en daaglikse lewe word misgekyk en jy word as onsuksesvol gestempel omdat jy NET ‘n tuisbly mamma is. Maar vandag in hierdie pos wil ek daarop aandring dat ons met ander oë raakgesien word, ek dink nie enige iemand kies dit om ‘n tuisbly mamma te wees nie, ek dink dit kies jou. Vir sommiges is dit maklik soos enige ander werk, en vir ander is dit moeilik, vir sommiges is dit natuurlik en vir ander ‘n straf.

Vir baie tuisbly mammas is daar nie luukshede nie, jou kinders en die feit dat almal neerkyk op jou posisie is al wat raakgesien word. Die illusie is dat daar daagliks teepartytjies klets en koop sessies en heerlike dae in die son is, maar nee, my dae is gevul deur wasgoed, skottelgoed, kosmaak, kinders help en huiswerk doen, almal gelukkig en gesond hou en dan in die proses probeer om my varkies op hok te hou sodat ons almal kan oorleef vir nog ‘n dag. Soos met enige werk dink ek elke tuisbly mamma probeer die beste wat sy kan. En net soos ek nie kan oordeel hoe ‘n mens ‘n dokter, prokureur of enige ander werk moet doen nie, dink ek dat almal tuisbly mammas ook ‘n kans moet gee en ophou om altyd te oordeel. As jy nog nie self in iemand se skoene gestap het nie, hoe sal jy weet of die skoene druk??

In vandag se tye is dit moeilik want meeste mense moet werk, die lewe druk en finansiëel kan ouers nie meer anders as om albei te werk nie, en ek verstaan. Jy probeer jou bes om te groei in die situasie waarin jy is as tuisbly mamma ek het hierdie pos nou al vir 12 jaar ek doen dit in my slaap, jy oordeel jouself daagliks, want is EK genoeg, is dit wat ek elke dag doen genoeg, en jy probeer jou bes om jou kinders voor te berei vir die lewe wat op hulle wag, sodat hulle nie eendag nodig het om ‘n tekort te hê nie. Jy ondersteun jou man en probeer positief bly. Daar is geen bevordering of salaris vir ‘n tuisbly mamma nie, net slapelose nagte, lang ure en geen genade. Maar aan die ander kant, ure se liefde, giggels, geselsies en eindelose dae waar jy jou kinders kan sien groei.

Kom ons gee elke mamma ‘n kans, of sy nou werk en of sy by die huis is. Kom ons is dankbaar en wens mekaar net die beste toe. Sonder om te oordeel. In a world where you can be anything, be kind.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s