Terug na die abnormaal – Week 15

Dis terug skooltoe hierdie week vir my Gr 6’ie. Soos enige normale persoon is ons bang. Want hoe gaan ons aanpas by hierdie “nuwe normaal” het ons genoeg gedoen by die huis sodat hy nie agter is nie. Is ons darem nog semi menslik na maande se toekluister in die huis. Sal hy kan manage met ‘n masker heeldag. Net ‘n paar van die dinge wat deur hierdie ma se kop gegaan het vanoggend. En soos die noodlot dit mos wil hê word ek saterdag 2 dae voor terug skooltoe met ‘n vieslike stuffy kop wakker. Koors word gemeet, geen koors, simptome bepaal, geen Covid simptome. Nee niks ernstig nie, dis net sinusontsteking. Paranoia skop tog so graag in op die mees onmoontlikste tye. Gelukkig is dit ek wat so voel en niemand anders nie, want ons ma’s kan mos maar aangaan soos normaal al voel jy maar goor.

Maandag oggend breek aan, ons trek die skoolklere aan, oh my aarde die kind het gegroei, alles sit styf, sal die winkels moet deur draf vir nuwe skoolklere, en skoene, die kind trek al by ‘n grootmens 7. Hoe het hy so onder my neus groot geword. Ek verbeel my selfs sy stem klink bietjie dieper. Nie te min. Hy is aangetrek, skooltas is gepak, kosblik is in. Die daaglikse info is ingevul, ek het sy koors gemeet ( net vir ingeval) en hy is gereed vir sy eerste dag terug. Pappa gaan hom maar aflaai want as die skool vir mamma vanoggend moet sien stuur hulle my kind dadelik isolasie toe. 😉 Halfpad oppad kar toe, oops die masker lê nog op die kombuis tafel. Een twee drie blok myself gaan ons ooit gewoond raak aan hierdie nuwe accessory.

Eerste dag het blykbaar goed afgeloop alhoewel hy met niemand heeldag gepraat het nie, en nie eenkeer toilet toe gegaan het nie, (hy was onseker of hy mag en wanneer hy mag gaan) So sal ons seker hierdie nuwe normaal ook gewoond raak. Totdat dit vir ons ook maar allerdaags begin word, tussen mense maar tog ook alleen soos ‘n vriendin gesê het.

Sterkte met almal wat kinders terug stuur skool toe. As hierdie jaar my sover een ding geleer het, is dit om ‘n dag op ‘n slag te vat.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s