Yin en Yang

Soms voel dit vir my ek dra die hele wêreld se hartseer op my skouers, vanoggend speel hulle ‘n nuus uittreksel van die onderwyser wat twee skote oorleef het in die Robb elementary skool massamoord in Texas, daardie onderwyser het so gehuil omdat hy 11 kinders in sy klas verloor het, hy het omverskoning aan die ouers gevra dat hy hulle nie kon red nie, hy het sy beste probeer sê hy. Ek huil so in die kar oppad na my kinders se skool toe om hulle af te laai, dat my kinders dink ek is mal.

Daar is net soveel hartseer om ons, soveel pyn, dat al huil mens aanmekaar vir jare sal daar nogsteeds nie genoeg trane gestort wees nie. My man is weer totaal die teenoorgestelde, vir hom is die lewe een groot grap, soveel so dat hy homself daagliks vermaak met sy eie snaaksighede, iets wat ek glad nie verstaan nie. Maar wat is die gesegde Opposites attract. Want as dit soms nie vir hom en sy grappe was wat en NOOIT vang nie, sou ek seker lankal vergaan het van ellende.

Hy herriner my daagliks om die lewe nie so ernstig op te neem nie, en ek probeer, soveel so dat ek selfs dit soms oordink, hoekom moet ek so verskriklik fyngevoelig wees, hoekom huil ek as ek oulike diere videos kyk of kinders al is hulle gelukkig huil ek ook sommer van geluk ook.

Ek huil oor die mooi, en die hartseer. ‘n Mooi sonsondergangs of liedjie ek voel dit so diep diep binne in my hart. Ek huil soos ek hier sit, omdat die gevoel my so oorweldig dat ek nie anders kan nie. Daar is nie pille vir ons wat so verskriklik saggeaard is nie. Daar is nie raad nie, en die lewe is regtig soms net te veel, jy kan nooit dit net afsit en ontkoppel om soveel empatie te hê nie. Bitter min mense verstaan reken ek, dat dit nie net trane is nie, maar regte egte emosies wat agterbly. Soms wens ek, dat ek kon lag so maklik soos wat ek huil.

One thought on “Yin en Yang

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s