Ek is hier

Wanneer ek nie meer hier is nie,

gaan soek my in die oggenddou

die laaste sonstrale van die dag,

gaan soek my in die water en die lug en die kleur van die nag.

Gaan soek my in die velde en blomme

in die wind, sal ek vir julle fluister

As ek nie meer hier is nie,

onthou my in die blou van die lug

die groen van plante en bome

Hoe ek kon huil wanneer alles oorweldigend te mooi was

hoe my lag skaars was maar opreg.

Wanneer ek nie meer hier is nie, is ek nogsteeds by julle,

in die dag, in die nag.

Wanneer jy gaan slaap en opstaan, lag en huil

Ek is hier, ek is daar ek is orals om jou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s