13 dae se marteling

So begin ek en my man op ‘n maandag in die Kaapse winter met die 13 dae Metabolisme dieet, hy baie senuweeagtig want as ‘n Coca Cola verslaafde weet hy sommer hoe erg daardie ontrekkingsimptome vir hom raak.

Ek weet hoe moeilik dit gaan wees om nie my daaglikse lekkergoed te kan eet nie. Maar ons is nou in die ding in, ek omdat ek hom wil help gewig verloor want ek het net klein bietjie gewig wat ek wil afskud. Het ons vroue maar nie altyd gewig wat ons wil verloor nie, ons is mos maar mal in daardie opsig??!!!

Dag een begin met NET koffie vir ontbyt. My arme man drink nie eers koffie nie. My vriendin wat saam met ons wou dieet het na die eerste uur opgegee, ek gaan ‘n kaas en tamatiebroodjie maak, ek is uit, lui haar boodskap, my man weet die gort is gaar, sy vrou gee NOOIT op nie, hy is in dit vir die long run en aanvaar maar sy lot gedwee, rooibostee en al. Ons is darem al op dag 2. Ek giggel toe ek terug dink aan die dae in my ouers se huis, my ma was altyd baie gesteld op haar gewig, en gereeld op een of ander dieet. So ontdek sy eendag Nataniël se koolskop dieet seker in die SARIE. Ons huis het vir twee weke na Kool geruik en die yskas 2 maande daarna nog na koolsop. Ek dink my ma het dalk 4 dae uitgehou toe is sy op vir die sop. Geen mens se maag sal dit hou nie.

Van haar gunsteling dieet was Weighless, sy moes vrydae gaan weeg. So as sy die middag van haar laaste weeg af gekom het, het sy ALLES gebring wat lekker was, dit was dan haar “cheat” dag. Dit was ons gunsteling dag van die week, vrydag na Weighless ons het letterlik by die deur gesit en wag vir haar kar om by die hek in te ry.

Ek persoonlik hou niks van dieet nie, ek oefen eerder meer en eet minder. Maar soms het jou metabolisme ‘n skop nodig. Leef eerder gesond is my motto. Wanneer enige iets, te is, dan is dit ongesond, te veel, te min.

Die lewe is ‘n delikate balans en om soms daardie harmonie te vind is moeilik.

5 thoughts on “13 dae se marteling

      1. Was genadiglik nie so erg nie, ons kon baie Ham en Steak eet, en dan meeste oggende Volgraan brood vir ontbyt. Ek het 3kg verloor en my man darem 5 en die Coke lus is totaal geblus. 😉

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s