Skokgolwe

Ons mental health is nou meer as ooit in die nuus, veral na die afgelope twee jaar se rondomtalie van siektes en inentings en opinies en menings. Tans is die statistieke:

Key facts

  • More than 700 000 people die due to suicide every year.
  • For every suicide there are many more people who attempt suicide. A prior suicide attempt is the single most important risk factor for suicide in the general population.
  • Suicide is the fourth leading cause of death among 15-19 year-olds.
  • 77% of global suicides occur in low- and middle-income countries.
  • Ingestion of pesticide, hanging and firearms are among the most common methods of suicide globally

Hierdie is van die World Health Organisation se webwerf. Dit is skokkend en meer belangrik ‘n eye opener.

Daarom moet ons daaroor praat, ons moet skree, want ons jong mense is so vatbaar. Om ‘n ouer te wees in ons huidige klimaat is regtig nie maklik nie. Kinders het die wereld se informasie tot hulle beskikking. Ek het juis vrydag weer gelees van ‘n kind van 12 wat sy eie lewe geneem het a.g.v ‘n boelie waarvan almal geweet het, waarmee hy jare gesukkel het. Dan vra ek wie het hierdie kind gefaal? En meer belangrik wat kan ons as samelewing doen om te keer dat hierdie weer en weer gebeur.

My persoonlike opinie is dat soms is te veel ook maar nie reg nie, hulle word te veel blootgestel en te veel met dinge wat soms negatief is gevoer.

Negatief is maklik, dit word aan ons verkoop in pakke van 10, dis in die ou met die hoody op die hoek, dis in die bruinpapier sakkie, of toegedraai in blink papier, dis daai tweede stuk wat jy nie moes eet nie, dis in daai ekstra 5km wat jy nie meer kan hardloop nie, dis op die ipad op die selfoon. Maar positief is die tuffy, daardie lof en prys en uitputtende opgewekte liefde vir alles wat om jou is, maak mens soms so naar want die lewe is regtig nie maanskyn en rose nie, dis tuff en moeilik en soms haat jy elke oomblik daarvan.

Maar dis in daai bemoediging van iemand wat weet hoe jy voel, wat weet jy kruip weg agter daai aangeplakte rooi lippe. Dis die verstaan wat tel, want positief is nie maklik nie, dis aangeplak meeste van die tyd. Maar eerlikheid is menslikheid. Dis in die opstaan en probeer.

Ek kan nie genoeg beklemtoon hoe belangrik dit is om te praat nie, want jou stem tel, en as jy voel daar is niemand wat jou gaan hoor of verstaan nie. Kontak my. Ek sal dalk nie jou probleme kan oplos nie, maar ek kan jou verseker ek sal luister. Depressie is aan die wortel van meeste selfdood. Jy is nie alleen nie. Jy tel, en jy verdien ook jou plek onder die son. Al voel jou liggie flou.

https://fb.watch/bhEq7rFnBM/

5 thoughts on “Skokgolwe

  1. Enelda, ek is so bly jy skryf hierdie. Wat my aanbetref is ons in groot moeilikheid. Mense sukkel na hulle covid gehad het, neerslagtigheid vier hoogty. Ons verstaan nog so min van wat die nadraai hiervan is en nog gaan wees.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s