Drukkers duiwel

Ek skryf al ‘n paar jaar my blog, en dan elke nou en dan wanneer ek weer my gedagtes deurgaan kry ek die duiweltjie tussen die woorde, daar is altyd ‘n paar wat mens totaal verstom, dis die tyd van tegnologie, alles word op whatsapp getik, email of sosiale media, meeste van die tyd net so vinnige boodskappie, jy let nie eers op tot nadat dit gestuur is nie. Dit het my al ‘n paar keer oorgekom dat my vingers soms vinniger werk as my brein en dan laat die laasgenoemde my gewoonlik in die steek.

Tot jy rooi gesig later, soms self eers jare later besef, genade daai spelfout sit al vetgesuip op my boodskap vir jare en ek sien hom nou eers raak. Een twee drie blok myself.

Dan voel ek gewoonlik soos ‘n idioot en probeer die tikfout regstel, maar nou ja dit is heeltemal te laat. Ongelukkig met ‘n blog is daar nie iemand anders wat jou goed vir jou deurgaan nie. Tikfoute en die drukkers duiwel gaan altyd inkruip. So verskoon maar die duiweltjie en sien my menslikheid in die proses raak. So saam met die naaktheid van my eerlikheid.

https://fb.watch/bhALzTKxYs/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s