Die lewe gaan aan

Dis nou al ‘n jaar sedert die Korona pandemie ons lewe totaal deurmekaar geskud het. ‘n Jaar later, nou giggel ons oor die begin van ons inperking toe almal die winkels leeg gekoop het aan toiletpapier en handseep. Asof dit ons lewe sou kon red. Dit was ‘n interessante jaar. Propvol eerstes. Alles het gaan stilstaan, behalwe tyd. Hier sit ons nou ‘n jaar later. Die lewe het tog aanbeweeg, met of sonder ons.

Ek wens ek kan vir julle sê ek het ‘n groot les of lewenswysheid wat die jaar my geleer het, maar al wat ek weet is dat die lewe net aangaan en ou gewoontes maar weer terug kom. Ons is nie in staat soms om die patroon te breek nie, dat liefde en haat maar altyd ‘n fyn lyn is. Daar was inderdaad drastiese verandering in my lewe, vir beter ook.

Ons het weer besef wat belangrik is, noodskaaklik is, maar in die proses soos tyd verby gaan het ons maar weer vergeet. Ek huil nog oor die goed wat ek langs die pad moes groet, en probeer myself vertel dat materiele dinge nie belangrik is nie, maar ek weet ek jok vir myself, tot dusver is my hele familie en gesin nog Korona vry, en mens hoop dit bly so. Soms voel dit jy is in ‘n glaskas wat in ‘n rivier afdryf oppad na ‘n waterval, en daar is niks wat jy daaraan kan doen nie. Die rivier vloei en jy word net meegesleur.

Die lewe bly aangaan. Met of sonder jou, maar dis hoofsaaklik jou besluit.

3 thoughts on “Die lewe gaan aan

  1. Haai Enelda, dit is baie waar. Ek weier egter om in ‘n nuwe normaal te leef – een waarin ons jarelange tradisies onder die mat invee, geen simpatie met siek ou mense het nie en ons geliefde nie in hospitale gaan groet voordat hulle die aarde verlaat nie.

    1. Ek stem, en ek mis die nabyheid van mense, jou geliefdes teen jou vas te druk het deesdae ń gevaar zone geword en mens is onseker hoe om dit te hanteer. En om maskers in hier hitte te dra is aaklig!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s