In die gang het ek my hart verloor daai eerste keer,
Ek het geweet ek is tuis.
Hierdie is my hart se huis.
Honderd keer ‘n dag dwaal ek daar heen en weer
Die hart van my huis.
‘n Skelm drukkie, soentjie of knuip
sommer so in die verbygaan.
Waar my kinders kon hardloop en speel,
die diere luilekker van kamer na kamer beweeg.
In die gang het ek my hart verloor,
keer op keer,
waar kinderlaggies, liefde en die dae van ouds my groet.
Die gang van my huis,
my hart se huis.




Pragtig, oulike foto’s
Dankie xxx