In my jeug het daar ń vuur gebrand binne my
Daar was lus en passie
ywer en
drome
Met tyd het die vuur net ń vlammetjie geword
Nou drink ons pille vir onthou
En wyn vir vergeet
Die vlammetjie ń lekseltjie kole wat nog brand
Woorde soos water het die passie geblus
Wense soos blare die aarde vol gewaai
Nerens ń boksie Lions wat nog werk
Net vonke van vergeet
-Adeléne Hartzenberg Feb ‘21
