Aanspraak

Om te sê hierdie week was chaos is bietjie van ‘n “understatement” en lank is dit nog nie verby nie. Om aan mense wat oorsee bly te probeer verduidelik hoe dit voel om te bang te wees om jou voet by jou eie huis uit te sit, is onmoontlik, want daardie tipe vryheid word as vanselfsprekend aanvaar.

Die borstoetrek vrees wat mens beleef as jy by die winkel instap en daar is nie een enkele brood op die rak of melk in die yskas nie, iets wat mens altyd as basiese goed aanvaar. Video grepe, fotos en voice notes vol haat, pyn en verwoesting is waarmee ons die week moes afsluit.

Mense wat paniek saai, mense vol ‘entitlement” wat plunder en bymekaar maak aan goed wat nie welverdiend is nie. Wat afbrand, afbreek, mense en diere afmaai en seermaak in die proses. Wat net aan nou hierdie oomblik dink. Meegevoer raak in die skare en gryp en breek en brand.

Dan more weer in die ry moet gaan staan vir die freebies wat weer uitgedeel word want nou het ons niks meer oor om te eet nie. Maar ek het ‘n spinternuwe grootskerm tv in my huis? Maar kan my kinders hom eet?

Toe ek vir die eerste keer die video sien van KZN se winkelsentrums wat in puin lê het ek gesit en huil, ek het gehuil omdat ek weet wat ons verloor het, ek het gehuil omdat ek geweet het ons leef elke dag in hierdie land saam met hierdie mense wat ek op die skerm sien, wat dink dis heeltemal reg om af te breek, te steel en te beseer vir eie gewin. Ek het gehuil want ek het die hele prentjie gesien, want hoe bou mens weer op na so iets. Ek met ‘n gesonde verstand weet hoe onmoontlik dit is.

Daar was duisende mense wat hierdie week probeer vlug het uit ons land, duisende mense wat teleurgesteld besef het hoe onmoontlik dit is, orals het ons die staal hekke in ons gesigte sien toeklap. Ons probeer al 2 jaar om uit te kom, dis moontlik maar die vereistes soms onmoontlik. Daar was vir mense vertel dat ons nie as vlugtelinge gesien kan word nie want ons land is nie in oorlog nie. Terwyl ons plase brand, daar donker wolke oor ons lê die helikopters heel dag en nag oor ons vlieg, mense hulle lewens waag om ander op te pas, word daar vir ons vertel dis nie oorlog nie? Definieer oorlog dan vir my?

Die stof so effens gaan lê, almal het probeer sin maak van die situasie. Skade probeer bepaal. Gebid, gehuil en kwaad geword. Cry my beloved country was nog altyd een van die gunsteling sê goed van Suid-Afrika, gebaseer op die boek Cry, the Beloved Country is a novel by Alan Paton, published in 1948, ons huil nogsteeds, vir die oud vir die nuut. Vir die verlede, vir die hede en vir die toekoms. My gevoel is dat tussen al die bloed, haat en sweet wat in Suid-Afrika se grond ingesuipel het, ons trane nooit gaan ophou nie. Want dis ‘n nimmereindigende siklus van opbou en afbreek om en om en om.

Pictured: violence & looting leaves dozens dead in South Africa - News
Why have South Africans been on a looting rampage? Research offers insights
Why Ex-South African President Zuma's Arrest Sparked Violence, Protest

3 thoughts on “Aanspraak

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s