Om 40 te word

Dis die week van my 40ste verjaarsdag, en soos alle mylpale in mens se lewe dink ek dit moet ‘n spesiale “mention” kry.

Ek dink terug aan die tyd toe my kinders babas was en ek gedink het, wanneer die een 13 is en die ander een 11 is ek 40! 40! sjoe. Dan gaan my kinders al groot wees en ek gaan vir seker weet wat ek wil hê doen en wees. Nou lag ek lekker in my mou.

Ek voel nie veel anders as wat ek gevoel het op 30 nie, ek is nogsteeds moeg, maar nou nie van die min slaap omdat daar babas in die huis is nie, nou is dit van min slaap omdat daar ander stress is. Want kom ons wees eerlik, as jy gelukkig is, is jou lewe nou in die helfte, ek onthou my ouers se 40ste verjaarsdae en dit voel soos gister, nou is dit al my beurt.

Ek kyk vir myself in die spieel en wonder wie hierdie vrou is, in hierdie jaar van covid het ek my sprankel verloor, ek voel afgemat en die lewe het net sy “excitement” verloor, want ewe skielik kan mens nie beplan nie, daar is niks om na uit te sien nie, en een dag vloei net in ‘n ander ene in. Is dit Covid of is dit hoe mens moet voel as jy 40 word. Ek wens ek weet hoe om daardie sprankel weer terug te kry. My klere voel te los, my hare dof en die WTF plooie tussen my oë te diep.

In alle eerlikheid het ons lewe so eenvoudig geword. Oral hoor ons nou van bekende mense om jou wat aan Covid sterf en jy dink hoe gelukkig jy nog is om te kan lewe. Maar ek is in opstand, my hele wese veg teen hierdie nuwe manier van lewe. Ons lewe nie in oorlogstye nie, maar in ‘n mate is dit net so erg.

Want ons weet hoe dit was voor Covid. Toe ons kon doen maak en gaan net waar ons wou, mense jou nie geskel het net omdat jy dalk alleen in die bos of strand wil gaan sit saam met jou gesin nie, dat jy gejudge word omdat jy moeg siek en sat is vir die vier mure van jou huis. Jy wil skree ek is halfpad deur my lewe en dit suck op hierdie stadium. Gee my ook net weer ‘n kans om asem te kan haal, want covid maak als dood!!!!

Soms is ek jaloers op my kinders want hulle leer om te kan lewe so saam met die maskers en die siekte en mense wat heeltyd baklei want hulle is in opstand oor die inenting of die medikasie of die manier van lewe. Hulle leer om te lewe met crisis management.

Ek hoop as ek nou oor hierdie 40 bult gaan raak dit makliker? Ek het vrede gemaak met die feit dat mense my nou al “tannie” my kinders dink my idees is soms “outyds” en my musiek smaak is anders. Maar ek het nie vrede gemaak met die feit dat covid nou al so baie by ons kom steel het nie, dat ek 40 word en nie eers ‘n glasie wyn saam met my mense mag geniet nie. Dat vrees die plek gevat het van geluk. Dat dood die plek gevat het van sorgeloos lewe. Dat mense hulle logika verloor en onssin plek maak vir twyfel.

Ek dink een ding is vir seker, dat wanneer mens 40 word jy nie meer lus is vir nonsens nie. Jy besef dat tyd kosbaar is. Trauma, onvermydelik is, en dat mense jou gaan teleurstel, dat die wereld nie altyd om jou behoeftes draai nie.

Ek leer nog elke dag iets nuut oor myself, ek dink mens groei nog tot jy klaar is met jou aardse reis. JY sal nooit 100% gelukkig of tevrede wees nie.

Diep in my hart en siel hoop ek dat ek vrede sal vind. Dat ek sal kan leer om te aanvaar dat dinge nou vir altyd gaan anders wees. Ek my sprankel weer kan terug kry. Die kwaad, hartseer en baklei sal stil word, en iewers in hierdie malheid weer ‘n tipe van geluk sal kan kom.

8 thoughts on “Om 40 te word

  1. Veels geluk met jou veertigste verjaarsdag. Ek wens vir jou hoop en blydskap toe. En ek wens vir jou dat jy te midde van al hierdie dinge wat om ons gebreur, jou manier sal vind wat jy jou kan uitleef en tot jou volle potensiaal groei.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s