Verandering

Ek luister na jou stem wat deur die huis weergalm vanoggend, hoe jy die kinders aanjaag vir skool, en ewe skielik krimp my hart ineen want ek weet vir 3 maande hierna gaan dit stil wees. Maar ek weet drie maande is nie ‘n leeftyd nie, en tyd loop so vinnig dat voor ons weer sien is dit ook verby en ons is weer bymekaar.

Wat ‘n seëning om so oor jou lewensmaat te kan voel. Dat jy voel asof jou hart uit jou bors geruk gaan word wanneer hy die langpad sonder jou moet inslaan. Dat wanneer julle mekaar weer sien, ‘n nuwe lewe op jou wag. Tussen die beplanning en inpak en kinders se skool werk gaan die tyd virseker nie stil staan nie. Maar sonder my maat langs my voel dit soos ‘n berg wat ek moet uitklim. Dan dink ek aan soveel paartjies wat in hierdie tyd vir ewig van mekaar geskei is weens covid, en ek skree bid in my binneste dat ek tog asb dit vir nou gespaar sal bly.

Daar wag sonskyn en rose en alles wat mooi is, agter die berg vir ons. Die see en kalmte en vrede wat so diep binne in my hart kom lê, maar vir nou is dit die stilte en die chaos van hier wat ek eers moet verwerk. Tot ons weer kan oor begin.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s