Liewe Blom

Hierdie week het ek gesien daar is ‘n uitdaging om ‘n brief aan jou jonger self te skryf en ek het gedink om dit te probeer:

Liewe Adelene

Die lewe is nie regverdig nie, hoe vinniger mens dit aanvaar hoe beter vir jouself. Moenie so hard wees op jouself nie, jy doen die beste wat jy kan. Daar is baie lesse wat jy moet leer, en soms wonder ek as ek jou nou kan waarsku sou jou paadjie anders gelyk het, of is dit nodig dat mens die dinge moet deurgaan wat jy doen. Jy gaan baie foute maak, en ek dink dis okay, want is dit tog nie maar hoe mens groot word nie? Jy gaan werk en speel en huil en lag. Daar gaan swaar tye wees en dan gaan daar ook dae vol sonskyn en lekkerkry wees.

Julle gaan nie van daardie wees wat hoog op die aarde bly nie, julle bankbalans maar altyd net genoeg vir dit wat julle nodig het, maar julle gaan geluk en liefde en kinderlaggies ken, jy gaan elke oomblik van jou kinders kan opslurp en daar wees vir elke lag, en val en huil en dit is vir jou meer werd as enige iets anders, julle gaan die warm pelse en snoete van onvoorwaardelike liefde ken. Julle gaan lag vir julle foute en huil oor dinge wat soms onnodig gebeur.

Probeer jouself liefkry van jongs af, jy is nie die mens wat JY in die spieel sien nie, jy is baie mooier en maerder en ouliker as wat jy jouself krediet voor gee, gee jouself soms ‘n “af” dag, en hou op altyd dink jy is onaardig. Moenie luister vir die stemme wat jou anders wil vertel nie.

Spandeer meer tyd saam met jou familie, want mens mis dit die meeste wanneer almal die nes verlaat, sit nog een laat aand saam met jou sibbe om die vuur en praat oor die toekoms, vind uit wat in hulle harte skuil. Hou op wegkruip vir die lewe, want jy mag ook uitstaan en gesien word, jou liggie kan ook skyn. Gesels nog so vir ‘n rukkie met jou oupa, en vind uit wat sy lewensverhaal is. Skryf dit neer om dit te kan onthou wanneer hy nie meer met jou is nie, eet jouself nog ‘n keer trommeldik aan jou ouma se soetkoekies en koffie. Gesels met jou tannie en en lag vir haar snaakse sêgoed. Gee haar ‘n lekker stywe drukkie. Geniet jou ouers se kos, want mens mis daardie bederf as jy elke dag jou eie moet maak.

Geniet jou kinders se babatyd, dit gaan in ‘n oogwink verby, skryf elke liewe oulike ding neer wat hulle sê en doen, want jy gaan dit vergeet. Hou op fokus op mylpale en sien net hulle gesiggies raak. Vergeet van die moeg en die huis, en besef jy is besig om iets belangriker te doen as om mense te probeer beindruk. Gee jouself ook ‘n kans om te groei, en hou op om goedkeuring by ander te soek, dit wat jy doen is meer as goed genoeg. Jy mag nee sê sonder om skuldig te voel. Jy mag wees en weet jou “mental health” kom eerste.

Begin vroeer in jou lewe draf, dit is bevrydend en jy geniet dit, hardloop in jou 20’s daai marathon, in jou 40’s is als moeiliker 😉 Trek vroeer Kaap toe, want hier is jou asem, jou vryheid, die plek waar jy jouself vind.

Hou op skuldig voel, en hoe gaan daardie liedjie van Baz Luhrmann – Everybody’s free; dra sonskerm!

Ladies and gentlemen of the class of ’99
Wear sunscreen

If I could offer you only one tip for the future, sunscreen would be it
A long-term benefits of sunscreen have been proved by scientists
Whereas the rest of my advice has no basis more reliable
Than my own meandering experience, I will dispense this advice now

Enjoy the power and beauty of your youth, oh, never mind
You will not understand the power and beauty of your youth
Until they’ve faded, but trust me, in 20 years, you’ll look back
At photos of yourself and recall in a way you can’t grasp now
How much possibility lay before you and how fabulous you really looked
You are not as fat as you imagine

Don’t worry about the future
Or worry, but know that worrying
Is as effective as trying to solve an algebra equation by chewing Bubble gum
The real troubles in your life
Are apt to be things that never crossed your worried mind
The kind that blindsides you at 4 p.m. on some idle Tuesday
Do one thing every day that scares you

Saying, don’t be reckless with other people’s hearts
Don’t put up with people who are reckless with yours

Floss

Don’t waste your time on jealousy
Sometimes you’re ahead, sometimes you’re behind
The race is long and in the end, it’s only with yourself
Remember compliments you receive, forget the insults
If you succeed in doing this, tell me how
Keep your old love letters, throw away your old bank statements

Stretch

Don’t feel guilty if you don’t know what you want to do with your life
The most interesting people I know
Didn’t know at 22 what they wanted to do with their lives
Some of the most interesting 40-year-olds I know still don’t
Get plenty of calcium
Be kind to your knees
You’ll miss them when they’re gone

Maybe you’ll marry, maybe you won’t
Maybe you’ll have children, maybe you won’t
Maybe you’ll divorce at 40, maybe you’ll dance the ‘Funky Chicken’
On your 75th wedding anniversary
Whatever you do, don’t congratulate yourself too much
Or berate yourself either
Your choices are half chance, so are everybody else’s

Enjoy your body, use it every way you can
Don’t be afraid of it or what other people think of it
It’s the greatest instrument you’ll ever own
Dance, even if you have nowhere to do it but your own living room
Read the directions even if you don’t follow them
Do not read beauty magazines, they will only make you feel ugly

Get to know your parents, you never know when they’ll be gone for good
Be nice to your siblings, they’re your best link to your past
And the people most likely to stick with you in the future

Understand that friends come and go
But a precious few, who should hold on

Work hard to bridge the gaps in geography and lifestyle
For as the older you get
The more you need the people you knew when you were young
Live in New York City (Johannesburg) once but leave before it makes you hard
Live in northern California (Cape Town) once but leave before it makes you soft

Travel

Accept certain inalienable truths
Prices will rise, politicians will philander, you too, will get old
And when you do, you’ll fantasise that when you were young
Prices were reasonable, politicians were noble
And children respected their elders

Respect your elders

Don’t expect anyone else to support you
Maybe you have a trust fund, maybe you’ll have a wealthy spouse
But you never know when either one might run out

Don’t mess too much with your hair
Or by the time you’re 40 it will look 85

Be careful whose advice you buy but be patient with those who supply it
Advice is a form of nostalgia, dispensing it is a way of fishing the past
From the disposal, wiping it off, painting over the ugly parts
And recycling it for more than it’s worth

But trust me on the sunscreen

In ’99 sou ek nog nie verstaan het nie dit was op die brink van my “grootmens” lewe, maar ek dink dit som mooi op wat ek wou sê. Word Gracefully oud, en moenie dat die lewe jou hard maak nie. Die lesse wat jy geleer het is die lesse wat jy dalk nodig gehad het.

Met liefde

Advertisement

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s