My vierbeen lyfwag

Ek het ‘n skaduwee, hy het vier kort beentjies en ‘n lang lyfie, hy volg my orals, elke tree wat ek gee is hy reg agter my, en soms kan ek sommer hoor hoe hard hy sug wanneer ek vir die soveelste keer daardie dag by die trappe op en af beweeg. Want een mens tree is beslis ses in klein honde treetjies.

Ek was nog altyd ‘n kat mens, ek is en was van kleins af versot op katte, al het ek nooit een gehad tot ek in my eie huis ingetrek het nie. My man was en is die honde liefhebber en so het ek, ook lief geword vir hulle, net soos ek hom toe ook in ‘n kat mens verander het. Want nou deel ons, ons lewe met ons twee kinders, twee katte en ‘n worshond. Sonder hulle kan ek nie my lewe indink nie.

So saam met jou kinders vul hulle gaatjies in jou lewe wat jy nooit besef het jy het nie. Ek dink ek sal maklik in die crazy Catlady kan verander as ek ouer word. Wat dans in die maanlig terwyl my 10 katte verveeld na my sit en staar, en die worshondjie met die kort bene al agter my aan drentel.

Toe ek klein was het ek baie gedroom van my lewe as groot mens, ek het altyd beplan, dat ek ‘n seun en ‘n dogter ‘n man wat my bemin, ‘n mooi huis en katte sou hê wat lui lekker op my bed lê en slaap, en hoe geseend is ek dat my drome almal waar geword het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s