My geveg

In die droom tussen wakker en slaap

sal ek teen die donker baklei

tot die storm in my binneste gaan lê

Ek sal teen al die monsters veg.

Tot ek my laaste asem uitblaas

sal ek nie oorgee aan die stemme wat my vertel

Ek is nie goed genoeg nie.

Ek sal my ore probeer toedruk

‘n liedjie sing uit volle bors

sodat die stilte my nie oorweldig nie.

Ek sal bly wees en die trane wegvee

die sout teen my vel proe

Daar sal Valkyries op my wag

en ek sal weet alles is goed,

met my siel.

-Enelda Okt 2022

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s