In daai wen oomblik

Mens kan so maklik soos ‘n slegte ma voel, maar dit gebeur soms dat jy actually soos ‘n goeie ma voel. Daardie dag wanneer jou kroos vir jou sê: sjoe mamma dankie my klere ruik so lekker. Dis nogals altyd vir my ‘n groot wen, as ek my wasgoed betyds klaar en droog en lekker geruik kan kry vir die week. Die Kaap se weer is BAIE onvoorspelbaar.

Of daar is die video’s wat wys hoe mamma georganiseerd is, en hoe jy op ‘n groep chat met ‘n klomp giggelende tiener meisies eweskielik gesit word, met die woorde, kyk my mooi ma, lyk sy nie mooi nie, dis waar ek my goeie DNA vandaan kry. Dan glimlag jy en probeer baie hard om nie op daardie spesifieke oomblik sommer te begin huil omdat jou kind dink jy is actually mooi nie en dis 7 uur in die aand, na ‘n lang dag en jy voel soos ‘n uitgeplukte volstruis.

Of dat jou tiener seun, jou kom druk in die kombuis en dankie sê vir die lekker kos, of broodjie of wat ookal hy vir die 100ste keer in sy maag gedruk het vir die dag. Om ma te wees is ondankbaar, dis moeilik, en dis soms lelik. Maar net so is dit mooi, dis dankbaar en dis rewarding.

Dan vergeet mens vir so kort oomblik jou swakhede en voel met ‘n sug van verligting, dalk is jy besig om hierdie wedloop te wen? Is dit moontlik? Ja dit is, want vir jou kinders is jy alles, in hulle oë is jy volmaak. Jy mag dalk nie vandag voel asof jy iets bereik het nie, en daardie heuwel lyk hel hoog. Maar more staan jy op die kruin. Geniet die uitsig, en onthou, jy voel dalk nie belangrik nie, maar vir jou kinders is jy die middelpunt van hulle wereld. Hulle sien nie jou swakhede nie, hulle sien net die mooi, en soek net jou liefde en aandag. xxx

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s