Ontbloot

Wat is die sin van dit alles,

om jou siel te ontbloot op papier.

Niemand verstaan jou denke,

voel jou emosies.

Dis net jy,

Jy alleen,

wat staar na die verblindende papier.

Jou trane vlek die ink.

Maak smerige strepe.

In jou kop die malende malheid wat net jy verstaan.

Sou hulle jou werklik kon beloon.

Vryheid van spraak, maar moet net nie praat,

skryf, dink oor die regering of oor hulle God.

Is ons dan werklik so vry soos ons dink.

Ingehok, agter die tralies van dit wat ons “huis” noem.

Verbitter en verblind deur materialisme.

Ingeboks en afgepers.

Geprogrameer as ontevrede.

  • Enelda

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s