Dis net jy en jou, teen jouself

Partykeer wonder ek, wat is dit wat ons werklik ons kinders wil leer? Dat geld en status belangrik is? Dat jy beter as ander mense of maats moet wees, dat wat jy in die lewe besit bepaal wat jou mens wees werd is?

Soveel keer as ek my sosiale media oopmaak dan sien ek die plasings, kinders wat die nuuste van alles kry, beste en duurste. Ek is dalk net anders aanmekaar gesit maar ek voel dat wie jy is nie bepaal moet word deur jou besittings nie, dit lê BAIE dieper as wat op die oppervlak is.

Dat as die mense waarmee jy saam kuier net kyk wat jy in jou huis het, of jy die nuuste foon, toestel en of jou voertuig aanvaarbaar is, hang jy uit met die verkeerde “crowd”.

Hier is ‘n paar baie belangrike dinge wat ek my kinders elke dag leer,

Een, jy bepaal jou eie toekoms, deur om hard te werk en hard te swot gaan jy eendag ‘n goeie toekoms vir jouself kan skep, sodat jy al die “nice” dinge in die lewe kan hê. Niemand skuld jou enige iets nie.

Twee, As jy gee sal jy altyd ontvang, al is dit nie ‘n fisiese ding nie, ‘n glimlag of ‘n mooi kompliment. Wat jy uitstraal sal jou weg in die lewe baan.

Drie, As jy met mense rondhang wat heeltyd die lelik in alles raaksien, afbreek en afkraak, stap weg. Soek die dromers, die passievolle mense, die mense met die lig wat uitstraal en jy sommer hulle siel ontbloot kan sien, want hulle maak die lewe ‘n baie beter plek vir ons almal.

Vier, wees goed vir jouself. Want maak nie saak met hoeveel mense jy jouself omring nie, diep in die donker nag is dit net jy en jou gedagtes. Jyself kan jou lewe maak of breek, daar is krag in jou en maak seker jy wend dit aan vir die regte goed.

One thought on “Dis net jy en jou, teen jouself

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s