Swartskaap


Ek skryf dit soos stempels
die stories van my hart in die
vlekke en merke op my lyf.
Die inkstreep waarheid
die eenvoud van my lewe.
Die wonde, die blydskap.
Onverstaanbaar ongeneeslik.
Die brandende begeerte om gesmoor te voel in die oneindigheid van ń omhelsing.
Verstik, verstoot onnodig onbenullig.
Verlore voetspore loop soms draaie.
Die liefde op jou lippe nou hopeloos te laat.
Die woorde nooit gebore, die liefde alreeds vergete.

In my plek sit daar ń ander.
Die woorde bereik nooit my binneste want die gat is hopeloos te diep.
Maar as die swartskaap verdwaal, is dit geen tragedie.
Almal stem dan saam, dit was net ń kwessie van tyd.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s