Droomverlore

In lugkastele van silwer en wit

leef ons gelukkig.

In sandkastele van goud en geel

leef ons tevrede.

In droomkastele van groen en klip

leef ons verewig, my paddaprins en ek.

Maar die draak lê voor die deur en wag,

my prins nie altyd daar as ek roep.

Tevrede en gelukkig is ek in ‘n rok van smarag,

kekkelend die heks op die dak

terwyl sy my hare knip en die vlegsel wegwaai in die wind.

Staan ons in die sterrereën,

terwyl my rok wapper in die wind,

my paddaprins en ek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s