Glimlag

Ek wou so graag vir jou iets skryf.

Iets wat jy sal onthou en aan kan dink.

Ek wou so graag vir jou iets sinvol gee,

maar geen woorde het daartoe bygedra.

Ek wou so graag vir jou iets belangrik sê,

maar die sinne ontbreek en klink nutteloos.

Met my goue pen van herinnering wou ek

op jou hartstafel skryf.

Maar ek kon nie naby genoeg kom nie.

In die fluistering van die wind,

het ek vir jou ‘n melodie gesing.

Maar ‘n storm het opgesteek

en die wyse deurmekaar gespeel.

Toe onthou ek van ‘n glimlag,

en velde sonneblomme,

toe per sonstrale stuur ek aan jou

my glimlag, deur sonskyn en reën weer

maak dit vir jou ‘n reënboog.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s