Passievol

My Oupa was ‘n kort oomie, en ook kort van draad, maar nie in ‘n agressiewe manier nie, eintlik in ‘n heel oulike speels manier. Hy sou hom sommer vinnig kon opwerk oor situasies. Veral oor die nuus wat hy stiptelik geluister en gekyk het, en kon hom maklik vererg as iemand na sy sin simpel was. Dan het hy sommer net daar op die plek vir die persoon gesê mens maak nie so nie. Nee, nee, nee.

Ek was baie lief vir my Oupa en het sy manier van sê verstaan. Hy het ‘n baie interessante uitkyk op die lewe gehad en was baie wêreld wys, soms wens ek ons kon hom nog so klein rukkie saam met ons gehad het sodat my kinders hom ook kon beleef, sy aangelapte liedjies wat hy self uitgedink het, en hoe hy my Ouma kon terg.

Noudat ek ook begin ouer word, besef ek dat ek myself net so kan opwerk vir dinge en situasies in die nuus. Nou is die nuus orals saam met ons. Heeldag, en kan ek myself lieflik opwen vir mense wat hulself simpel gedra volgens my. Ek moet seker 100 keer per dag my kommetaar probeer uitvee en inhou. Want soos julle weet, het ek baie te sê.

Ek moes net lag, toe my man en seun eendag in ‘n menings verskil betrokke is, en my seun vir sy pa sê, ek baklei nie, ek praat met passie ( dis MY gunsteling sêding) Want ek kan baie passievol oor die lewe raak. Dit vryf defnitief by my kinders ook af, want ek praat gereeld met passie, en hulle ook. In ons huis word kinders toegelaat om hulle eie opinies te hê en daar word baie gedebateer oor alles. Soms beland ons almal maar in die sop oor ons totale radikale manier van dink. Wat beslis nie die norm is nie. Dan moet mens die boks plattrap, en weggooi en besef dat daar meer as net een manier is om dinge te sien. Dis lekker om te weet my kinders bevraagteken en voel gemaklik om ons uit te daag om nie net die dag tot dag bestaan as vanselfsprekend te aanvaar nie.

One thought on “Passievol

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s