Die trekpas

Na amper 7 maande het ek uiteindelik die moed om oor my langafstand trek ondervinding te skryf. Ek dink ek is gereed. Maar hoe praat mens oor trauma? Dis maklik om oor ligsinnige dinge te praat en neer te pen. Maar regte trauma is makliker om te begrawe en weg te bêre, sodat mens nooit daarmee hoef te deal nie. Maar vandag trek ek daardie pleister met een pluk af.

Almal sê om te trek is naas dood in die familie onder die top 10 mees traumatiese ervaringe. Gepaardgaande met armoede en onsekerheid is dit ‘n plofbare situasie.

Na maande se onsekerheid, Covid stress en werkloosheid en uiteindelik die ligstraaltjie aan die einde van die tonnel, manlief het werk in die kaap en is alleen af om te begin werk. Daarom het ek stoksiel alleen die langafstand trek op my eie skouers geneem, elke liewe boks alleen gepak, trek maatskappye genader, pryse gekubbel, weggegooi, afskeid geneem en huis verkoop, vir die kinders skole gesoek en ingeskryf. My kar het gebreek, 2 keer, die kinders het eksamens geskryf en ek het huis reggemaak, skoongemaak en geadverteer en gegroet.

Na maande se beplanning (ons moes alles self betaal en reel die maatskappy het met niks gehelp nie en ons budged was erg tight), moedhou, bekhou het die treklorrie ‘n week later as beplan by ons gestop. Toe het die rooi ligte al geflikker. Min het ons geweet die dag toe ons dit gereel het die agentskap was slegs ‘n middelman, en die middelman oneerlik en het ons nie die korrekte informasie gegee nie.

Groot misverstande het plaasgevind, en die dag van die trek kon hulle nie al my goed inlaai nie. Dit was op die einde slegs ‘n deeltrek. Ons moes nog ‘n trek lorrie kry op nr 99 wat inderhaas my goed ingelaai het. Teen daardie tyd was ek stom en blind van die spanning en het nie meer omgegee wat gebeur nie, ek wil net my goed in die kaap hê.

Die vragmotor ry toe dadelik en die drywer lig ons in dat hy die volgende middag dan al in die Kaap sal wees want hulle gaan sommer regdeur ry. Wel, ons het 2 katte en ‘n hond en my plante wat ook nog in die kaap moet kom so ons sal maar ook dadelik moet ry, dit was 5 uur die middag, en ons het reg deur tot in die Kaap gery ons weet nou nog nie eintlik hoe ons dit gemaak het nie, maar ons het dood moeg en baie honger. Genadiglik het my kinders by hulle ouma en oupa gaan oorbly en sou vlieg. Ons moes vliegtuigkaartjies skuif en vervoer reel want al ons planne is nou deurmekaar. Hulle land nou op kersdag. 2 dae nadat ons goed in die kaap aangekom het.

Nou moet ek my kinders gemaklik maak sowel as my skoonouers. Ek is gespanne ek is moeg na maande se stress, maar ek kan nie stop nie want almal verwag van my om alles bymekaar te hou. Ek moes almal waarvoor ek lief is groet en weet nie wanneer ek hulle weer gaan sien nie. Tot vandag toe weet ek nogsteeds nie of ek daarmee vrede gemaak het nie. Diep binne my wou ek net in ‘n hopie gaan lê en huil tot ek leeg voel, en dan probeer sin maak van waar ek moet begin, maar dan word mens geforseer om jou beste te wees, vir die mense om jou en jy vergeet weer vir ‘n oomblik jy is ook net mens en nie ‘n robot nie.

Die spanning kan ek nie aan julle verduidelik nie, dis nou maande later en ek is nou eers besig om deur dit te werk. Daar was dinge tussen in waaroor ek hartseer is, mense wat ek misverstaan het. Familie wat ek weer moes sien, en toe weer groet.

Ons lewe is nou aansienlik beter, dis hemel hier in die Kaap, ons finasiele situasie het hand omkeer verander en ons kwaliteit van lewe, ons is gelukkig. So dit pla my dat ek so vaskleef aan die verlede en probeer vrede maak dat dit ook nou verby is. Dat daardie trauma my nie meer hoef te jaag nie. Maar hoe eet mens ‘n olifant? Happie vir happie.

2 thoughts on “Die trekpas

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s