Rusteloos

Net vir vanaand wil ek die volmaan aantrek.

Skarlaken wit.

Vlekloos, kaal, volrond perfek.

Net vir nou wil ek dans,

naak, onbeskaamd.

‘n Silwer aand,

net vir ons vanaand.

Net vir vanaand maak jy my skaam,

dat ek so menslik,

ondankbaar, ontevrede,

onversadig vir die lewe is.

Dat ek nooit vir myself kan

lief wees,

dat ek myself verniel, vergiftig en

verwaarloos.

Terwyl jy saggies fluister

dat ek ook volmaak,

perfek geskape is.

En net vir vanaand

wens ek dit was genoeg.

-Enelda Julie 2022

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s