Verlepte Gister

Die weke hoop op

soos gesnipperde velle papier op die vloer.

Heuningsoet die herinnering

tot ons weer moet groet.

Gister was verlepte rose.

Vandag opgebring en weggespoel,

more, wie sal weet.

Soos Vetspatsels kleef dit,

Sit dit, totdat jy wurg

om weer op te staan en nuut te begin.

Die lewe word ‘n ou uitgehongerde brak,

elke happie ‘n feesmaal.

Vergete is die vernedering,

vergete jou trots.

Bittersoet die begeerte

om onthou te word wanneer alles stop.

-Enelda

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s