as Ek

as Ek

as Ek maar net daardie bitter pil van genot

sonder bekommernis kon sluk.

as Ek maar net my hare kon los maak in die wind,

en wegwaai.

as Ek maar net vrou kon wees.

Tydloos, ewig mooi.

as Ek maar net kon vrede maak

met verandering.

as Ek maar net my verhaal kon eindig.

Kon fluit fluit in storietyd.

as Ek maar net kon ……..

…….As bly verbrande hout,

en Ek, soos almal word ook oud.

-Enelda

4 thoughts on “as Ek

  1. Sjoe, pragtig geskryf. Ek hoop nie ek lees reg as ek dieper lees nie, oudword is lekker. Mens verander van buite ja. En herken soms nie eens die jonger jy nie. Maar terug wil ek ook nie gaan nie. Eerder die nou waardeer. Ek dink nou die dag so daaraan. Ek sien my plooie net as ek in die spieël kyk. En dan pla dit nie, want die oge raak ook oud. Maar – as dit ander mense pla, kan hulle maar verby hou, wegkyk en verder stap. Daar is niks wat ek daaraan kan doen nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s