Die Bysteek

Die hele wêreld is aan die gons, oor ‘n hofsaak, seker die meeste sedert die OJ Simpson hofsaak. Sosiale media is aan die brand, lanklaas het twee mense sedert Oscar Pistorius se moordsaak so baie opinies ontlok, en hierdie keer is die skoen aan die ander voet.

Uitendelik is daar ‘n kopskuif in die samelewing. Dat mans ook mishandel word, dat daaroor gepraat mag word oor hoe fisies en emosioneel mans ook verneder en “abused” word.

Dat maak nie saak of jy ryk en gewild is nie, jy ook ‘n slagoffer kan wees, en ek glo hy (Johnny Depp) het die leiding geneem vir baie wat te bang was om uit te praat, wat gedink het dis maar hoe die lewe moet wees. Te verneder en afgebreek.

Geleer is soos my seun om ‘n vrou te respekteer en nie jou hand te lig nie, om altyd goed en gaaf teenoor die skoner geslag te wees, maar as ma wil ek vandag vir julle sê dat as enige vrou my seun ooit so sal behandel ek ook sal voel sy verdien nie ‘n plek in die samelewing nie, dat ons as vroue nie die reg het om mans te onderdruk emosioneel of fisies nie, en dat as jy klappe en skoppe kan uitdeel moet jy hulle kan ontvang ook.

Vandag wil ek ‘n beroep aan ons as ouers maak, dat as jy wel meisies en seuns groot maak hulle ook te leer dat respek belangrik is, en nee ons hoef nie meer ons kinders te leer dat een geslag of rol belangriker is as ‘n ander nie, maar dat menslikheid, opregtheid, loyaliteit en integriteit baie belangriker is as wie die broek in ‘n verhouding dra.

Dat ‘n verhouding baie beter af is wanneer daar kommunikasie en vertroue en wedersydse respek is. Dat een of die ander nie belangriker, of beter as die ander een is nie, maar dat deur harde werk en liefde mens saam berge kan versit. -Enelda

3 thoughts on “Die Bysteek

  1. Enelda, ek hoor jou. Ek kan voel wat jy sê. As ouma wil my hart gaan staan as ek dink wat met my kleinkinders, my kleinseuns ook, in hierdie lewe kan gebeur. Ek weet glad nie hoe ek sulke goed gaan hanteer nie!

  2. Gaan jymy glo dat ek iewers op ‘n ander planeet is en nie weet waarna presies jy verwys nie? Maar ek stem 100 persent saam met wat jy hier skryf en dis vir my veral erg dat seuntjies soms so afgetakel word. En dogtertjies. Respek. Liefde.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s