Goed genoeg

Elke aand net voor ek aan die slaap raak dink ek, ek moet hierdie stuk skryf, en dan raak ek besig die volgende dag en die bladsye vlieg by my gedagtes uit. Maar vandag sit ek hier en ek gaan dit skryf.

Ek praat uit my hart uit met baie mense en ek weet, daar is baie van ons wat dieselfde voel.Daardie gevoel dat jy nie goed genoeg is nie. Is ek ‘n goeie vrou vir my man, is ek ‘n goeie mamma, is ek ‘n goeie dogter vir my ouers. ‘n Goeie suster vir my sibbe. Baie sal dit ontken en roem dat hulle nie omgee wat ander van hulle dink nie. Maar tog is dit onwaar. Heeltemal primitief. Die gevoel dat jy behoort in jou sirkel. Dat jy ‘n plek onder hierdie son het. Dat mense graag by jou wil wees, dat jy hulle gelukkig kan maak en laat voel.

Soveel boeke is al oor die onderwerp geskryf, om te help dat ons minder omgee. Harder doppe en mure om ons kan bou. Ek glo die manier hoe jy oor elke situasie voel is a.g.v jou agtergrond, jou trauma en jou bagasie. Elkeen se uitkyk op die lewe is tog maar oor sy fondasie en sy besluite en hoe hy/sy uitkyk oor die lewe is. Ons verwag soms van mense om te dink, wees en voel soos ons daaroor dink, voel en dink. Maar dis onmoontlik want GEEN twee mense is dieselfde nie. Ja ons kan mekaar probeer verstaan, empatie en simpatie gee.

Maar daardie gevoel dat: is ek goed genoeg sal altyd in ons agterkop bly, daarom maak ons, ons huise mooi, want ons wil graag hê mense moet dink ons het smaak, daarom trek ons mooi klere aan en doen ons hare. Meeste dinge wat ons in die lewe doen is tog maar vir die image. Van julle sal met my wil stry maar ek weet as julle gaan stilsit en mooi dink daaroor sal julle besef dit is waar. Niks daarmee fout nie, dis ook deel van ons instink. Ons wil hoog geplaas word op ‘n sosiale leer sodat ons ook kan voel ons is goed genoeg vir die samelewing. Ook heeltemal primitief.

Die samelewing en mense in ons direkte sirkel kan ook soms druk op ons plaas en veroorsaak dat daardie onsekerheid oorborrel in mens se lewe. Sommige mense het net ‘n gawe om al jou knoppies te druk. Want wanneer daar liefde betrokke is, is die druk gewoonlik erger, want jy wil so graag die mense waarvoor jy die liefste is die gelukkigste maak. Maar die antwoord is eenvoudig, dat jy niemand kan gelukkig maak nie, jy is nie kaptein van hulle skip nie. Al is jy vir hulle baie liewer as vir jouself. Moet mens tot die besef kom dat soms moet jy afskeid neem van daardie skip en jou eie roete bepaal.

So my slotsom is, jy is goed genoeg, mens, man, vrou, kind, ouer, wie ookal jy is, groen, pienk, pers. Nes jy is. Wanneer mens ophou om daardie aanvaarding by ander te soek dan wen jy die wedloop. Jy moet jouself kan aanvaar en lief wees vir wie jy is. Lief wees vir wie jy is. Dis die geheim. Mag elkeen wat hierdie stukkie vandag beleef het, vrede vind. Aanvaarding vind en liefde vind. Moenie dat enige iemand jou liggie steel nie. Lig jou kop op, JY IS goed genoeg!!

https://fb.watch/cujU3K6Yz8/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s